Kragnetwerk steeds onder druk

Argieffoto

Argieffoto

Eskom het Maandag aangekondig dat die land se kragnetwerk steeds onder druk is en dat die moontlikheid bestaan dat kragtoevoer vandeesweek weer beperk gaan word.

“Daar is in die stadium geen beurtkrag geskeduleer nie, maar die kragnetwerk gaan na verwagting deur die tweede helfte van die week erg onder druk wees,” het Andrew Etzinger, ʼn woordvoerder van Eskom, gesê.

Eskom se diesel-kragopwekkers is onder druk weens ʼn tekort aan brandstof. “Die hoeveelheid diesel wat aan ons verskaf word, voldoen nie aan ons behoeftes nie. Ons werk saam met ons verskaffers om die probleem op te los,” het Etzinger gesê.

Eskom het Sondag ʼn kragnoodtoestand verklaar met groot industriële kliënte, en het Vrydag begin om landswyd beurtkrag toe te pas.

Volgens Eskom het die elektrisiteitsnetwerk ʼn toename in vraag ervaar weens die weerstoestande en verhoogde ladingsverliese as gevolg van verskeie opwekkingseenhede wat by die Majuba- en Matimba-kragstasies afgeskakel het. “Eskom het ʼn totaal van 1700MW se opwekkingkapasiteit verloor,” het Etzinger vroeër gesê.

Hy het gesê die risiko van beurtkrag vir Maandag en Dinsdag is medium tot laag. “Dit is weens die stadige vordering wat gemaak word in die proses om reserwes op te bou ten einde die moontlikheid van beurtkrag volgende week te probeer verminder,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Jan ·

Het gister se beurtkrag baie geniet. Kon my Sondagmiddagslapie sonder ‘n gedoef doef voltooi. Sekere mense skrik mos eers wakker laat op ‘n Sondag middag !!!!!

Gerhard Bezuidenhout ·

Wie se skuld is dit dat ons land se kragvoorsiening n mislukking is ? Eskom natuurlik en beslis nie apartheid nie. As jy te vrotsig is om so n besigheid te bestuur moet jy verantwoordelikheid aanvaar .Die verbruikers koop nie meer julle liegstories nie.

Drieks ·

Nee, hul weet dit. Dit is hoekom zumpie siek is. Van lieg, lieg, lieg……..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.