ʼn Ontploffing by ʼn substasie in Bothaville in die Vrystaat het tot kragonderbrekings in die gebied gelei.
Stefanie Jansen van Rensburg, woordvoerder van Eskom, het gesê die ontploffing het Maandag omstreeks 14:00 plaasgevind en kragtoevoer na Bothaville, Khotsong, Mirage en Regina is onderbreek. “Dit is nog nie duidelik wanneer die kragtoevoer herstel sal wees nie,” het sy bygevoeg. “Sodra die brand geblus is en die omvang van die skade bepaal is, sal ons ʼn assessering kan doen, maar na verwagting sal die kragtoevoer waarskynlik voor Dinsdag herstel word.”
Die oorsaak van die voorval is nog nie bekend nie.
“Eskom vra om verskoning vir enige ongerief wat hierdeur veroorsaak word. Ons maan diegene wat hierdeur geraak word, om geduldig te bly terwyl ons die kragtoevoer probeer herstel.”
Onbevoeg en onbekwaam ????
Mense moet geduldig wees . Hoe verwag sy dat jy geduldig moet wees as almal se lewens die laaste paar dae reeds erg ontwrig is met hulle beurt krag. Niks word instand gehou nie .,Eskom betuur en sommige van sy personeel reken dat alle substasie lewenslank moet funksioneer sonder die nodige onderhoud. Die staatskapers het voorheen die skuld gekry wie gaan nou blameer word vir die huidige situasie