Kragonderbreking in Centurion weens kabeldiefstal

Argieffoto

Argieffoto

Groot gedeeltes van Centurion is van vroeg Donderdagoggend af sonder krag.

Volgens die munisipaliteit is die kragonderbrekings in Bronberrik, Cranbrookvale, Eldoraigne, Hennopspark, Wierdapark, Raslouw en Zwartkop weens kabeldiefstal by die Eldoraigne-substasie.

“Weens die erns van die skade kan daar nie gesê word presies wanneer die kragtoevoer herstel sal wees nie,” het ’n amptenaar van die munisipaliteit gesê.

Tegnici werk tans aan die probleem en dit is moontlik dat die kragtoevoer wel teen laat Donderdagaand herstel kan wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

scalla ·

Solank daar n afset gebied is vir die kabels en skroot sal dit nie stop nie, skroothandelaars moet srenger beheer word.

Ben ·

Sulke misdaad wat so n wye impak op baie mense het behoort as n prioriteitsmisdaad verklaar te word met BAIE SWAAR strawwe.
Solank dit net n gewone misdaad is gee hierdie misdadigers glad nie om nie want hy weet hy sal net n ligte straf ontvang, indien dit ooit by n vonnis uitkom.

Bruno Stef ·

Uit ondervinding weet ek dat as so n aantal woongebiede ge-affekteer is dit n hooftoevoer probleem moet wees.Die saboteurs het genoeg kennis gehad om hulle self nie te beseer nie maar het geldelik en andersins groot skade aangerig tot nadeel van die gewone mens wat moet hard werk om n lewe te maak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.