Kragonderbreking in JHB

kersʼn Tegniese fout by die Prospect-substasie het Maandagaand tot onbeplande kragonderbrekings in Johannesburg gelei.

“Daar het ʼn tegniese fout by die Prospect-substasie in City Deep voorgekom. Dit het ʼn reuse kragonderbreking in Johannesburg tot gevolg gehad. Ons tegnici werk daaraan,” het Sol Masolo, woordvoerder van City Power, gesê.

Volgens Masolo is die noordelike buurte, dele van die middestad en buurte in die suide van Johannesburg geraak. Masolo het vroeë gesê hulle hoop om die kragtoevoer teen Maandagaand te herstel maar teen Dinsdagoggend was talle buurte steeds sonder krag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.