Kragonderbreking in PTA-middestad

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Gebarste waterpyp het Maandag ʼn kragonderbreking in die Pretoriase middestad tot gevolg gehad, het die Tshwane-metroraad gesê.

Lindela Mashigo, woordvoerder van die metroraad, het gesê ʼn gebarste waterpyp by die Pretoriase stadsaal het veroorsaak dat kragkabels en –panele onder water is en dat dit tot ʼn kragonderbreking in die middestad gelei het.

“Daar word vermoed dat ʼn onbekende persoon die waterpype wou steel en dit sodoende beskadig het,” het Mashigo gesê. Verskeie strate waaronder Kgosi Mampuru, Nana Sita, Skietpoort, Princes Park, Freedom Park, Jacob Mare, Schubart, Visagie, Charlotte Maxeke en Bosman word geraak deur die kragonderbreking.

“Die stad se tegnici en loodgieters is besig met herstelwerk,” het Mashigo gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

AvraD ·

Oh is dit wat verkeerd is dat die helfte van die verkeersligte van Menlyn tot in Pretoria Noord buite werking is………………….

Amazing

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.