Kragonderbrekings duur voort in Mpumalanga

Argieffoto (Foto: baptisteh, Pixabay)

Argieffoto (Foto: baptisteh, Pixabay)

Eskom het Saterdag bevestig dat hy hierdie naweek nie die beplande kragonderbrekings gaan opskort by die eMalahleni- en Msukaligwa-munisipaliteite in Mpumalanga nie, nadat die stadsrade versuim het om agterstallige skuld te betaal.

Kragonderbrekings sal Saterdag en Sondag tussen 08:30 en 11:00 en van 15:00 – 17:30 ingestel word, het Eskom gesê. Van Maandag tot Vrydag is die kragonderbrekings tussen 06:00 en 08:00 en van 17:00 tot 19:30. Witbank en Ermelo word onder andere hierdeur geraak.

Eskom het gesê die kragonderbrekings word ingestel as gevolg van nie-betaling en word slegs as ʼn laaste uitweg gebruik. “Ons hoop dat die munisipaliteite met ʼn volhoubare betalingsplan vorendag sal kom om verdere kragonderbrekings te verhoed,” het Ayanda Noah, Eskom se uitvoerende groepshoof vir kliëntediens, gesê.

Ondanks die feit dat die Wet op Elektrisiteitregulering en verskaffingsooreenkomste met die munisipaliteite Eskom die mag gee om die kragtoevoer in sy geheel af te sluit, het Eskom besluit om eerder kragonderbrekings in te stel op sekere tye van die dag.

Agterstallige munisipaliteite moet aan drie vereistes voldoen om kragonderbrekings te voorkom, naamlik ʼn kontantbetaling wat met elke munisipaliteit onderhandel is; ʼn geskrewe onderneming van die raad dat die rekening in die toekoms betaal sal word; en ʼn betalingsplan vir die agterstallige bedrae.

Indien die munisipaliteite aan dié vereistes voldoen, sal die kragonderbrekings opgeskort word.

Maroela Media het vroeër berig die Hospitaalvereniging van Suid-Afrika (Hasa) het Vrydag gesê hy is baie besorg oor die kragonderbrekings by die twee agterstallige munisipaliteite in Mpumalanga. Hasa het gesê alhoewel hospitale met kragopwekkers kan funksioneer, is dit nie ʼn langtermynoplossing nie. Lees meer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Johann ·

Nou weet ek nie, maar hierdie selfde brousel is ook aan die gang in die Noordwes, Derby se krag nou al vir die 4de keer af in die afgelope 24 uur, Koster en Derby onder een aansluiting

REAList ·

In Witbank black populated areas (ie townships), which do not pay btw, are exempted from blackouts. Interesting
Cadres not being paid by cadres.
Interesting!!!!
Hoza voting days….

MCS ·

Ek is van Witbank. Ons het nou al beurtkrag van Donderdag oggend af. Eskom is stiptelik op tyd om krag af en aan tesit soos hulle die tye deur gegee het. Maar nou het die dorp n ander probleem omdat die pompstasies ook sonder krag is kan die nie werk nie, en ons is ook nou sonder water. Die ander probleme wat die dorp nou ook in die gesig staar is kabel diefstal wat plaasvind as daar nie kragtoevoer is nie en die ander probleem is, dat kabel ontplof as die stroom deur kabels gaan as Eskom ons krag weer aansit. Die dorp word mos nooit in stand gehou , hulle maak net reg as iets breek want daar is nooit geld, daarom het Eskom besluit hul het nou genoeg gehad van lee beloftes van ons raad. Dit is ook so dat meeste dele van die Town Ship nie af geskakel word nie.

Ook witbank ·

DIE GROOT DELE VAN DIE LOKASIE WAAR ILEGAL CONNECTIONS IS, WORD NIE AFGESIT. HOE DE DUIWEL WERK DIT? ONS WAT KRAG BETAAL WORD GESTRAF SAAM MET KRAG DIEWE.

rudi ·

Dis veregaande. Mens kan nie dink dat so iets gebeur nie. Betalers word gestraf. Ons is die slapgat dwase wat te sleg is om kragte saam te span en ‘n belasting boikot te organiseer. Te veel van ons wat te lekker DSTV kyk en lag vir ander se swaarkry

kompie ·

ek stel voor as julle daardie illegal connections sien, neembfotos en stuur die na die munisipaliteit, eskom en al wat koerant en tydskrif is. laat almal sien wie het dit gekry.

Gatvol ·

Die Burgermeester ry seker ook met ‘n duur swart SUV, se krag bly aan! Ek vermoed ook dis ‘n ANC beheerde stadsraad. As dit waar is dat die krag aan bly in die woongebiede waar oorwegend ANC ondersteuners woon, is dit absolute diskriminasie. As Eskom dan die krag vir die gebied afskakel, waar kom die krag vandaan wat die gebiede van krag voorsien? ANC weet sy aansien is vinnig besig om te daal, nou hou hulle hulle ondersteuners gelukkig en word die betalende inwoners gestraf vir hulle onbevoegdheid.Die raad het die betalende inwoners gefaal. Hulle moet dadelik verwyder word.

John Evert ·

Die probleem begin by Eskom hoekom het Eskom toegelaat dit Witbank sover agter raak sonder om hulle te betaal, Die stadsraad het net soveel skuld omdat hulle nie van die begin opgetree het teen wanbetalers nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.