Kragonderbrekings in Ekurhuleni buite beheer

Argieffoto (Foto: Unplash)

Die VF Plus het die Gautengse LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake, Lebogang Maile, versoek om in te gryp by die voortdurende kragonderbrekings in die Ekurhuleni-metro (Alberton, Germiston, Benoni, Brakpan, Boksburg, Edenvale, Kemptonpark, Nigel, Springs, Midstream en omliggende gebiede).

Die kragonderbrekings word toegeskryf aan substasies wat nie meer die verhoogde ladings kan hanteer nie, min of geen opgradering van die elektrisiteitsnetwerk en kabeldiefstal wat gereeld voorkom.

Jennifer Glover, VF Plus-raadslid in die Ekurhuleni-metroraad, het gesê verskeie areas in Kempton Park is reeds sedert Woensdagmiddag sonder elektrisiteit. “ʼn Virtuele raadsvergadering van die metroraad is ook vanoggend onderbreek toe die speaker, Patricia Kumalo en haar personeel vir byna ʼn uur sonder elektrisiteit in die Germiston-raadsaal was.”

Volgens Glover strem die gereelde kragonderbrekings inwoners wat weens die Covid-19-inperkings genoodsaak is om van die huis te werk en ondernemings wat reeds gebuk gaan onder die swak ekonomie en die gevolge van die inperking.

“Die VF Plus het reeds herhaaldelik die burgemeester, Mzwandile Masina, versoek om met die probleem te handel en te sorg dat die metroraad voorkomend optree. Die versoeke het keer op keer op dowe ore geval. Inwoners van Ekurhuleni-metro verdien meer as om deur ʼn ANC-beheerde raad regeer te word wat nie hul welstand eerste stel nie.”

Die VF Plus sal druk op die provinsiale regering plaas om dringend aandag te gee aan die elektrisiteits- en ander infrastruktuurprobleme in Ekurhuleni.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Sarel ·

Vanderbijlpark.Mfuleni lankal buite beheer
.
Weelklikscen dan sommige buurtes sommer paar dae.

Krista ·

Indien dit so gaan in die somer, wil ek sowaar nie sien hoe dit sal gaan in die winter nie! Ons sit wragtig meer sonder krag as met krag in Germiston, en die Krag rekening gaan beslis nie minder nie…..

Stefan ·

Elke keer as ek deur Midstream fietsry verstom ek my daaraan dat daar so baie mense is wat maklik multi miljoene vir hul huise betaal maar nie R150k ekstra wil/kan uithaal vir ‘n redelike Solarstelsel.

Daniel ·

Het jy gesien Eskom wil mense nou laat betaal om sonkrag te gebruik

Jakes ·

As die LUR iets te doen het met tradisionele sake dan moet n sangoma of toordokter geraadpleeg word oor die kragonderbrekings. Hy kan sy klippe of dollosse gooi en muti gee wat die tokkelosh sal weghou.

Hennie J ·

Onbevoegde kaders. Almal is baas en niemand is klaas en niemand weet werklik hoe dinge werk nie. Intussen sal die gepeupel mos betaal so hoekom moet ons n hel omgee.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.