Kragonderbrekings in KZN ná hewige storm

Foto: Eskom/Twitter

Verskeie dele van KwaZulu-Natal word deur kragonderbrekings geraak ná ʼn storm Eskom se infrastruktuur beskadig het.

Gebiede wat deur die kragonderbreking geraak word, is Ladysmith, Escort, Nkandla, Hlabisa, Hluhluwe, Mtubatuba, Nongoma en Nqutu.

Die omvang van die skade word nog bepaal.

Inwoners word gemaan om alle installasies as lewendig te hanteer vir veiligheidsredes en word gemaan om struktuur, wat deur die storm beskadig is, te vermy.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.