Kragonderbrekings in Noord-Kaap eers opgeskort

Eskom het Woensdag in ʼn verklaring gesê kragonderbreking aan elf munisipaliteite in die Noord-Kaap wat agterstallig is met hul betalings, is opgeskort.

Kragtoevoer aan Magareng (Warrenton), Richtersveld (Port Nolloth), Khâi Ma (Pofadder), Kamiesberg (Garies), Ubuntu (Victoria-Wes), Siyathemba (Prieska), Thembelihle (Hopetown), Phokwane (Hartswater), Dikgatlong (Barkly-Wes), Renosterberg (Petrusville) en Siyancuma (Douglas) sal dus nie op 19 Desember 2019 afgesny word nie.

“Kragonderbrekings weens niebetaling is altyd die laaste opsie,” het Klaas Gouws, algemene bestuurder van Eskom in die Noord-Kaap, gesê. “Die uiteindelike doel is om die inkomste te verhaal wat aan Eskom verskuldig is. Ons is dankbaar om aan te kondig dat vordering gemaak is en ons hoop dat die betrokke munisipaliteite aan die ooreenkoms sal voldoen.”

Eskom het in die week van 21 Oktober 2019 in plaaslike media gewaarsku dat hy van voornemens is om kragtoevoer na dié munisipaliteite af te sny.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Cherokee ·

Is dit omdat Soweto nie in die Noord Kaap is nie, of hoe verduidelik hulle dit?

Maljan ·

Die munisipale bestuurders het die geld nodig gehad vir sekuriteit by hulle huise, besighede, en om hulle luukse karre te betaal en hulle kinders se verblyf in 5 ???? hotelle terwyl hulle studeer en buitendien, daar is n handvol dommes wat vir hulle sal betaal, elke maand. So hoekom moet hulle swaarkry deur betalings?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.