Kragonderbrekings in Noord-Kaap weens ‘weer’

(Argieffoto: Mazhar Zandsalimi/Unsplash)

Verskeie dorpe in die Noord-Kaap sit sonder krag nadat verwoestende weerstoestande die afgelope naweek groot skade aan Eskom se infrastruktuur aangerig het.

Maroela Media het vroeër berig dat dele van die Noord-Kaap veral lekker reën gekry het, met party dorpe wat meer as 60 mm reën in ʼn kwessie van ʼn paar dae aangeteken het.

Patricia Tsepane, woordvoerder by Eskom, sê die elektrisiteitstoevoer na inwoners van Colesberg, Douglas, Jan Kempdorp, Pampierstad en Upington is tans af.

Volgens Tsepane is hierdie kragtoevoerprobleme te wyte aan die onlangs reënweer wat oor verskeie dele van die land beweeg het. Hierdie verwoestende weerstoestande het groot skade aan Eskom se infrastruktuur aangerig.

“Eskom is bewus van die kragprobleme en vra om verskoning vir enige ongerief wat hierdeur veroorsaak word,” sê sy.

“Eskom gee tans aandag aan die probleem en verbruikers sal deurlopend op hoogte van die stand van sake gehou word.”

Tsepane het inwoners van die geraakte dorpe gemaan dat die elektrisiteit sonder kennisgewing aangeskakel kan word; alle toestelle moet dus as gevaarlik hanteer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.