Kragonderbrekings landswyd verwag

kersEskom het aangekondig dat daar Sondag landswyd kragonderbrekings sal voorkom weens ʼn verlies aan kapasiteit by sy Majuba-kragstasie in Mpumalanga.

Volgens Eskom is daar ʼn kraak in een van die silo’s waarin daar steenkool geberg word en is daar ʼn tekort van 1 800MW. Die kragtekort sal glo vir die hele week duur en kragonderbrekings sal tussen 8:00 en 22:00 landswyd voorkom.

Die silo, wat meer as 10 000 ton steenkool berg, het Saterdagmiddag gekraak. Dit beïnvloed die steenkoolvoorsiening aan al ses eenhede by die kragstasie. Daar word tans 1 300MW opgewek.

Volgens Eskom sal daar mobiele steenkool-voeders na die Majuba-kragstasie geneem word. “In die onwaarskynlike geval dat hierdie gebeurlikheid onsuksesvol is, kan dit ʼn impak hê op die kragstasie se verskaffing,” het Eskom gesê.

Eskom se ingenieurs ondersoek die oorsaak van die kraak. Vir meer inligting besoek Eskom se webtuiste hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Koos ·

Dis nuus,ek het nie geweet die berging silos wek krag op nie !

Lizl ·

Die silo wat inmekaar gestort het is n opberging van steenkole. Majuba kragstasie het nie n myn nie, en al hulle steenkole moet soontoe aangery word, daarom is die silo`s nodig. Met geen silo kan hulle nie steenkool invoer in die stasie in nie en moet `n ander plan maak… wat `n ramp is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.