Kragonderbrekings lei tot watertekort

Argieffoto

Argieffoto

Die Polokwane-munisipaliteit in Limpopo versoek inwoners om water spaarsamig te gebruik, aangesien Eskom se kragonderbrekings tot watertekorte in sommige gebiede gelei het.

“Verskeie woonbuurte in die stad en ander gebiede word reeds deur die watertekorte geraak,” het Tidimalo Chuene, woordvoerder van die munisipaliteit, in ʼn verklaring gesê.

Die opgaardamme se vlakke se baie laag en hoogliggende dele word reeds hierdeur geraak. “Die munisipaliteit kry tans watertenkers om tydelike hulp aan die betrokke gebiede te verleen,” het sy gesê. “Die watertenker sal tussen die betrokke gebiede beweeg.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Francois ·

Nee kyk dis nou genoeg van die Eishkom..en die beste van alles is dat hulle nie ‘n vlenter omgee nie. Hulle kry almal hulle VET bonus en helse verhoogings…en ek? EK moet net meer betaal!!

laataand ·

Nie vir ons dit se nie gaan se dit vir die eskom mense dis hulle wat moet weet

N VIVIER ·

KRAGONDERBREKINGS LEI TOT MOTORBOTSINGS EN STERFTES BY VERKEERSLIGTE

V ·

Nou wie of wat gaan nog die skuld kry.die wat vrygespreek en vrygelaat word lei tot moord,verkragtings en steel als.Nuwe Suid-Afrika.

Hendrik ·

Ek dink nie Escom besef werklik wat die implikasies is van hul nalatigheid nie. Die regte ding om nou te doen is om wetgewing daar te stel, sodat privaat maatskappy elektrisiteit kan verskaf. Onthou julle nog in die ou dae het feitlik elke streek sy eie kragstasie gehad, miskien moet ons weer na so iets kyk.

Eish! ·

Wel dankie tog dit gebeur nie net by ons nie. Hier gebeur dit daagliks. Sodra die krag af is, is die water ook af. My punt is dat die krag is nodig om dit te pomp. Tog die slaghuis, Spar, Kafee’s, die onderneming waar ek werk het ook krag nodig vir ons dienslewering. Hoekom het ons almal ‘n plan gemaak vir die dienslewering, MAAR DIE MUNISIPALITEITE doen nie en ons MOET nogsteeds betaal????????????????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.