Kragonderbrekings opgeskort ná Eskom-ooreenkoms

Argieffoto

Argieffoto

Eskom het ʼn ooreenkoms met drie munisipaliteite in Mpumalanga bereik en kragonderbrekings by vier munisipaliteite opgeskort.

“Eskom het die afgelope paar weke in gesprek getree met munisipaliteite wat agterstallig was met hul elektrisiteitsrekeninge,” het die kragvoorsiener Sondag gesê. “Ons is dankbaar om te kan berig dat ons, in beginsel, ooreenkomste met drie munisipaliteite in die provinsie bereik het, naamlik Chief Albert Luthuli (Carolina, Badplaas), Mkhondo (Piet Retief) en Thaba Chweu (Graskop, Sabie, Lydenburg) plaaslike munisipaliteite.”

Eskom sal steeds met die vier ander munisipaliteite, naamlik Govan Mbeki (Bethal, Evander, Secunda), Lekwa (Standerton), Emakhazeni (Belfast) en Nkomazi (Malelane) plaaslike munisipaliteite vergader. “Ons is vol vertroue dat die partye billike terugbetalingsooreenkomste sal bereik. Indien die ooreenkomste nie binne die volgende week afgehandel word nie, sal Eskom met die kragonderbrekings voortgaan.”

Eskom is besig om gesprekke af te handel met eMalahleni (Witbank) plaaslike munisipaliteit en bly positief dat ʼn ooreenkoms binnekort bereik sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Jan Olivier ·

Ek was gisteraand betrokke in ‘n vurige debat met iemand wat gese het dat hy dankbaar is dat ESKOM nou “gefix” is deur Brian Molefe omdat ons nie meer beurtkrag ondervind nie. Ek het my eie siening nl. swak ekonomie en vervaardiging, opkomende munisipale verkiesings, seisoen en dat die media die afgelope tyd met andrr stories in die politiek besig wad maar as daar wel waarde in die persoon se siening is hoor ek graag ander mense se sienings.

Wat-ek-lees ·

Jy slaan die spyker op sy kop Jan. Daar is ook al voorheen onder Eskom se aandag gebring van hierdie toedrag van sake deur ‘n bekende en kundige persoon (sy naam ontduik my nou) en hulle (Eskom) was baie vies vir hom.

christine ·

Snaaks dat al die plekke wat naams veranderinge gehad het nie die geld gebruik het om Eskom te betaal nie. Regtig swak. Wys net hoe dink party mense ai ai!!

Johann Marx ·

Christine? Wys net hoe dink party mense? Wat laat jou dink hulle dink? Daar word nie gedink nie….DIT is die potensiaal van Afrika…want dit was 364 jaar terug nie nodig om te “dink” nie.

elize ·

Christine dit is nie al die dorpe nie, Secunda is van sy bestaan af nog so genoem. Charl Cilliers kry sy krag direk van Eskom en hulle het ook beurtkrag, is net sleg dat mens met voorafbetaalde stelsels ook daaronder moet lei.

Wat-ek-lees ·

Terloops, comrade oorlede Mbeki se naam is ‘Govan’ en nie ‘Goven’.
Die spelling in die beginjare was selfs deur werknemers van daardie munisipaliteit geskryf as ‘Govern’.

Sune van Heerden ·

Dagsê Wat-ek-lees

Dankie dat jy ons op die fout gewys het – dit het ongesiens verbygegaan.
Ons wysig die berig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

neelsie ·

Volgens nuusberig is die Raad v Upington op die regte pad….hulle hou huis tot huis inspeksie teen onwettige kragverbruik.
Lyk of die gebied goed bestuur word.
Hoop sal voortduur ,ook na verkiesing.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.