Kragonderbrekings vir Pofadder beplan

Foto: GCIS

Inwoners van Khai-Ma-munisipaliteit (Pofadder) in die Noord-Kaap sal hierdie week kragonderbrekings beleef as gevolg van agterstallige skuld aan Eskom.

Khai-Ma is een van die land se munisipaliteite wat saam miljarde rand aan Eskom skuld. Khai-Ma skuld die kragvoorsiener R11 miljoen.

“Die munisipaliteit se versuim om te reageer op die betalingsooreenkoms het Eskom met geen ander opsie gelaat nie as om die kragtoevoer te onderbreek. Die kragonderbrekings begin op 12 Julie 2018 en sal voortduur tot ʼn ooreenkoms bereik is. Khai-Ma skuld Eskom tans R11 512 447. Die munisipaliteit is al sedert Mei 2016 agterstallig met sy betalings,” het Eskom Woensdag in ʼn verklaring gesê.

Eskom het in Mei aan Scopa (die staande komitee oor openbare rekeninge in die parlement) gesê uitstaande munisipale skuld staan op R13,88 miljard. Die kragvoorsiener het onderneem om die geld te verhaal en het terugbetalingsooreenkomste met munisipaliteite onderteken. Munisipaliteite het egter versuim om aan die ooreenkomste te voldoen en dit het tot kragonderbrekings gelei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Kobus ·

Ek doen konstruksiewerk en slaap al vir die afgelope jaar nie in Pofadder nie.Die munisipaliteit is verlam,behalwe een mens wat my help.Hy is egter so oorlaai,dat hy in tale spreek as jy hom nader.Jammer vir al die gastehuis-eienaars met so baie werk wat in daai area is.

Awie Opperman ·

Ek het nie baie sompatie met Pofadder se munisipaliteit nie, maar waarom moet die inwoners dit ontgeld. Dan is daar die kwessie van 11miljoen wat genoeg is om die krag te laat rantsoeneer vir pofadder maar die 4miljard wat soweto skuld regverdig geen aksie nie.

John ·

Soweto-Alexandra ea geniet vrywaring en leef juis so geblik want dit werk soos ‘n bom teen enige kragrekening of invorderaar… al vir dekades. Niemand waag dit om binne te gaan sonder polisie-bewaking nie en die polisie is doodbang. Uit die lug lyk die gebied asof toegespin deur ‘n groot tarantula met die netwerk onwettige kragverbindings oor ‘n dam vol rommel; laasgenoemde dryf in poele water uit lekkende, lopende krane… Ons reg is mos jul onreg… Sluheid het ‘n baas en hy lag lekker.

Thinus Erasmus ·

Dit kom nou baie duidelik uit dat die groei in munisipale loon rekeninge so handuit geruk het (en natuurlik die korrupsie) dat bestaande inkomste bronne totaal uitgeput is, en dat hul elektrisiteit en water betalings “skaak” om aan hul selfsugtige behoeftes te voorsien.
Geen regstellende aksies word geneem nie, die regering bly uithelp met geld wat raai; van die belastingbetaler af kom!
Verder is Eskom se selektiewe optrede teen net sommige munis baie verdag – dit lyk om bloot ANC politieke druk te wees, teen opponente buite en binne die party.

Chris Ws ·

Ek vra weerens waarom die munisipale bestuurder van Pofadder nie toegsluit word nie?Hy pleeg immers bedrog met geld wat aan Evkom verskuldig is.Dit het tyd geword dat Evkom ‘n kantoor inrig in elke munisipaliteit waar kragrekenings by betaal kan word SONDER dat die munisipaliteit amptenare hulle hande op die geld kan le.Dan kan Evkom bereken wat HY die munisipaliteit moet betaal vir hul deel van kragvoorsiening aan die dorp en dan 2 jaar neem om te betaal!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.