Kragonderbrekings vir Vrystaat-munisipaliteit aangekondig

Argieffoto: GCIS

Eskom het bevestig dat hy geen ander opsie het as om voort te gaan met kragonderbrekings vir Tokologo-munisipaliteit (Hertzogville/Dealesville) in die Vrystaat nie, weens die munisipaliteit se versuim om ag te slaan op ʼn betalingsooreenkoms.

Die kragonderbreking begin op 21 Februarie en sal onbepaald voortduur.

“Tokologo-munisipaliteit skuld Eskom in hierdie stadium R36 464 659.52 vir die grootmaat verskaffing van elektrisiteit. ʼn Deel van die skuld is al van Augustus 2012 agterstallig.”

Die kragvoorsiener het gesê hy het verskeie gesprekke met die munisipaliteit gevoer, maar het besluit om met die beplande kragonderbreking voort te gaan, aangesien dit duidelik is dat onderhandelings met die munisipaliteit nie die verlangde uitkoms lewer nie. “Alhoewel ons wettig die reg het om elektrisiteittoevoer in sy geheel af te sny, is ons bewus van die feit dat dit onnodige lyding sal veroorsaak vir die gemeenskap,” het Bibi Bedir, senior bestuurder van kliëntediens in die Vrystaat, gesê. “Ons het dus besluit om eerder gereguleerde kragonderbrekings toe te pas, teenoor ʼn algehele onderbreking.”

Eskom-klante in Boshof, Dealesville, Hertzogville en Seretse sal deur die kragonderbrekings geraak word.

Die tydelike skedule lyk soos volg:

Bedir het bygevoeg Eskom behou die reg voor om die elektrisiteittoevoer, met 15 kalenderdae kennisgewing, in sy geheel en onbepaald af te sluit indien die skuldlas nie verlig word nie.

Kontak Eskom by 08600 ESKOM (08600 37566) vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

jaco ·

Dis ‘n AJC-beheerde munisipaliteit en Eskom behoort so min of meer aan die ANC-regering. ANC-kaders is in elk geval in Eskom se top poste. So eintlik sny die ANC nou die ANC se krag af. Iets maak nie sin nie.

Zelda ·

Hoekom moet betalers gestraf word vir munisipaletyte wat nie die gelde oorbetaal nie. Kan ons nie maar direk aan Eskom oorbetaal nie. Emfuleni in vaaldriehoek kry ook die selfde beurtkrag van maart maand af. Agv emfuleni wat ook nie hulle skuld kan betaal nie. Maar ons betalers moet onder die pen ry vir emfuleni.

Lizzy ·

Het vandag ook so kennisgewing gekry vir Emfuleni. Kan nie verstaan hoekom moet ons betalende mense gestraf word vir korupte munisipaleteite. Waar is ons menslike regte?

John Samuel ·

As jy blank is onder die nuwe bedeling het jy nie mense regte nie.

Max ·

Neem asb. na 25 jaar kennis dat in die Reenboogland alles verniet word!

Ben ·

Daar is ‘n Engelse gesegde wat se “Easy come, Easy go”. Wat dit beteken as jy geen eiendom besit of besigheids belange het in ‘n stad wat jy bestuur, dan gee jy niks om nie. Ons Demokratiese stelsel wat nou ook die stede bestuur is die gootste klom tjol onder die son. Die korrekte manier is dat mense wat belange het in ‘n stad vir die bestuur moet kan stem geen ander nie. As jy wil kwalifiseer – “Investeer” of gaan kry vir jou, jou eie speelplek.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.