Kragprys gaan styg

Argieffoto (Foto: baptisteh, Pixabay)

Argieffoto (Foto: baptisteh, Pixabay)

Dit is ongelukkig geen April-gek grap nie: verbruikers kan hulself staal om van 1 April af meer vir elektrisiteit op te dok.

Die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) het Dinsdag aangekondig hy het ʼn 9.4% tariefaansoek van Eskom goedgekeur vir die 2016/17 finansiële jaar.

Jacob Modise, Nersa se voorsitter, het gesê die verhoging sal Eskom in staat stel om R11.2 miljard van sy standaardtarief-kliënt te verhaal.

Eskom het aanvanklik versoek dat kragtariewe vanjaar met 16,6% verhoog moet word sodat die kragvoorsiener R22,8 miljard wat hy benodig om die ligte aan te hou, kan invorder.

Ten minste ses openbare verhore is gehou om die tariefaansoek te bespreek, met heftige teenkanting van burgerlike organisasies, sake-ondernemings, vakbonde en individue. Die meeste van hulle het aangevoer ʼn verhoging sal ʼn swaar las op verbruikers plaas, veral in die lig van die sukkelende ekonomie en hoë werkloosheidsyfer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

beesblaas ·

Betaal al weer meer want ESKOM kan nie infrastrutuur bestuur en Zupta steenkool.

STEFAN ·

kom sa betaal want ek ESKOM supply die buurstate en julle betaal

kobus ·

Ons moet weier om te betaal totdat die Masakhane faktor,waaroor daar vanoggend in Beeld breedvoerig berig is, verreken is. Miljoene rande word van die gewone huiseienaar verhaal om op te maak vir duisende wat nie betaal nie. Dis net hier waar n streep in die sand getrek moet word. Of Eskom word geprivatiseer of ons bloei hom dood deur alternatiewe bronne en weiering om te betaal.

Henri ·

Jy het ‘n skitterende idee daar beet, maar ongelukkig is die Afrikaner/Blankes te slapgat om dit te doen. Die grootste groep het GEEN rugraat nie en is JA en Amen broers. Nog ‘n voorbeeld is die TV lisensies, Afrikaans word op die ergste afgeskeep, maar die ouens betaal TV lisensies. Daar word Mnr Mulder verban van RSG, maar ons betaal TV lisensies. Nee magtig man tyd dat die Afrikaner/ Blankes in Suid Afrika begin rug styf maak.

Hein ·

Wie gaan saam met my boikot? Ek betaal nou al vir 20 jaar nie TV lisensie nie, betaal nie E-tol nie, betaal nie Eskom nie (want ek het nie Eskom nie). Hemelvaart gaan ek kerk toe en nie werk toe nie, 10 Oktober kan maar die Afrikaner wegbly van die werk dag wees. Volgende aksie dat ek koop nie by ‘n winkel waar daar nie ‘n witte werk nie. :-)

Sterrenberg Bester ·

SA se TOEKOMS is in energie opgesluit. Die publiek kan vir ‘n oomblik ontspan, maar behoort asem op te hou en te besef die pyn is lank nie verby nie. Medupi en Kusile, asook nuwe steenkool kontrakte, en Soweto/Mun verliese sal nog verreken moet word. Eskom sal nie weer deur die staat gehelp kan word nie, en daar is weinig privaatbelangstelling om ‘n “fossiel mpy” te probeer red. Die groter gevaar is natuurlik ‘n langtermyn “Build, Own en Operate” lisensie wat Dept Energie aan Rosatom wil gee om 9600MW kernkrag te bou. Dit sal die energie (ekonomie) appelkar nou finaal omgooi. Ons kinders se kinders sal deur Rusland gyselaar gehou word om hierdie “onbekostigbare” krag te moet aankoop, terwyl daar baie beter alternatiewe is. Eskom en die staat moet ten alle koste gestop word in hulle direkte poging om die SA ekonomie te vernietig . Ons het dringend bekostigbare en volhoubare elektrisiteit nodig om die ekonomie aan te wakker. Kyk gerus bietjie na Maart se “Plaastoe” uitgawe (by meeste boere korporasies verkrygbaar rondom 15 Maart) vir meer oor Hernubare energie modelle / finansiering enook ‘n skitterende beleggingsmoontlikheid in MW sonkrag projekte. SB

jurg ·

Dit meen met al die verhogings en 5% verhoging op pensioen sal ek nou moet inbetaal op my pensioen

Dee ·

HHeheaaaheeeeeeeehaahee…….. Jurg, dìt is wat eie is aan die SuidAfrikaner; ons het ‘n sin vir humor wat skrik vir niks! Dankie vir ‘n skaterlag :-)

Stormrider ·

Uiteraard werk die verhoging oor klasse van verbruik en gly-skale heen. Dis waarskynlik die groothandelsprys aan munisipaliteite wat met hierdie persentasie verhoog. Dis nie net ‘n persentasie wat direk by mens se huidige maandelikse verbruikskomponent gevoeg kan word nie. Kan Maroela redaksie meer inligting verskaf oor die direkte impak op huishoudings?

Dr P E van der Dussen ·

Afriforum se kommentaar is redelik – die leserkommentare ook. Lees die volledige berigte oor die saak. Die kritiese Chris Yelland wys uit dat slegs die helfte van die verhalings toegestaan is. NERSA se voorwaardes dui op ‘n ommeswaai deur te wys dat die res uit skuld en regstelling van ander kontrakte met oa die buiteland verhaal moet word. Die beslissing is opsigtelik tto einde Februarie uitgestel om Ghordan se benadering van sake af te wag. Hy het verklaar dat staatsondernemings nie heilig (sacrosanct) is nie en ddit word in die NERSA-besluit vervat. Ek is en bly ‘n teenstander van die heersende staatkundige bedeling en regime. Daarteenoor help klipgooiery en toyi-toyi niks en doen eerder skade. Lees I Petrus 2:11-17, wrk en doen ywerig met die oog op die toekoms, leer uit die verlede sonder om te wil terugkeer – die onmoontlike. Die onttrekking van Barclays uit Afrika teneinde op Brittanje en Amerika toe te spits, is van groot betekenis vir hoop vir die toekoms.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.