Kragtarief styg afgelope 14 jaar met 405%

(Argieffoto: Maroela Media)

Terwyl Suid-Afrikaners weens beurtkrag by kerslig moet sit, het elektrisiteitstariewe die afgelope 14 jaar met ʼn verbysterende 405% gestyg.

Só wys die DA daarop nadat die jongste kragtariefverhoging van 12,74% Maandag in werking getree het.

Die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) het die tariewe verlede jaar goedgekeur vir die tydperk 1 April 2024 tot 31 Maart 2025.

Kevin Mileham, die DA se woordvoerder oor minerale hulpbronne en energie, sê dat totale standaardtariewe sedert 2010 met 15% per jaar gestyg het vergeleke met ʼn gemiddelde verbruikersprysinflasie van 5,2% in dieselfde tydperk.

Mileham sê tensy daar ʼn gesamentlike poging is om die voetspoor van hernubare energieopwekkers landwyd te vergroot en opwekkingsbronne weg van Eskom te diversifiseer, sal Suid-Afrikaners aanhou om meer vir elektrisiteit te betaal aangesien ou steenkoolkragstasies krag opwek teen meer as R1/kWh vergeleke met 40c en 50c/kWh vir ander bronne.

‘ANC se skuld’

Mileham glo die ANC is alleen verantwoordelik vir die dubbelsyfer elektrisiteitstariefverhogings.

“Die uittredende ANC-regering het nie net die land se vermoë vernietig om genoeg elektrisiteit op te wek om in die vraag te voorsien nie, maar het ook die ‘soms beskikbare’ elektrisiteit duurder gemaak as wat dit meer as ʼn dekade gelede was.

“Terwyl Suid-Afrikaners gedwing word om te kies tussen die ligte aanhou of kos op die tafel sit, is daar een groep mense wat nie dieselfde pyn verduur nie – ANC-kabinetsministers.

“Die ANC-kabinetsministers, veilig in die gemak van hul belastingbetaler-befondsde gratis elektrisiteit en water-byvoordele, het niks gedoen om verbruikers te beskerm om in energie-armoede te verval weens stygende elektrisiteitstariefverhogings nie.”

Maroela Media het verlede week berig die tarief vir munisipaliteite, wat van 1 Julie geld, styg met 12,72%. Dit is die tarief waarteen munisipaliteite krag van Eskom moet aankoop vir verspreiding aan hul munisipale klante.

Vir sekere stedelike en nywerheidskliënte van Eskom is daar ook ʼn 25,64%-verhoging in ʼn bykomende tarief wat hulle betaal. Dit word as subsidies aangewend vir armer huishoudings wat minder vir elektrisiteit betaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Blomkool ·

Wel as Almel betaal vir krag Sal dit nie nodig wees om so op te gaan nie. Nie net free free gratis wees nie.

Manie ·

28.928% gemiddeld vir die afgelope 14 jaar is nie te versmaai nie ne?

Wiehan ·

En ons betaal vir uiters swak diens sodat die kader lekker kan leef. Via sosialisme.

Aai ·

Middel klas kan nie meer,gaan soos Indie raak die rykes en die arm,middel klas sal wegval ons kan nie meer vir die aremes sorg onmoontlik.

Christine ·

Ek wens my pensioen het so gestyg
Dis n skande
Die wat nie betaal kry dit steeds gratis
Die styging raak net die wat wel betaal

Marcha ·

En nogsteeds is daar loadshedding. Nee was ANC Mors die land behoorlik op.

Aai ·

Wonder wat se die wat vandag lekker lewe wat die land vir die ANC gegee het.

Anel ·

Hoekom moet sekeres alles verniet kry? Hier is pensioenarisse wat hul hele lewe vir die land gewerk het en gespaar het vir die dag wat hulle aftree. Maar nou kan hulle skaars uitkom met die geldjie want hulle moet meer betaal vir die wat nie wil werk nie en alles verniet wil hê. En dan kry jy tog van die armstes van die armes wat bereid is omn’n bietjie te betaal. Maar meeste glo hulle moet alles verniet kry al kan hulle betaal. En wat verwag Eskom? Hoe minder mense van hulle krag afhanklik is, hoe minder geld gaan hulle kry. Maar hulle wil nog steeds die hoeveelheid mense in dien hê en buitesporige salarisse verdien. En ons moet maar net betaal. Die buitelandsr studie het mos bepaal dat Eskom te veel mense het!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.