Kragtoevoer by hospitaal herstel ná storm

Sibongiseni Dhlomo, LUR vir gesondheid in KwaZulu-Natal (Foto verskaf/ANA)

Die kragtoevoer by Addington-hospitaal in Durban is herstel ná kritiese dele van die hospitaal in donker gehul is ná ʼn “erge middernagtelike storm”.

Die provinsiale departement van gesondheid het gesê water het by die kragtoevoereenheid in die kelder ingelek en die kragtoevoer na die waakeenheid, die neonatale hoësorgeenheid, die hospitaalteater en verskeie hospitaalsale is afgesny.

Twee volwassenes en ʼn 12-jarige seun was in die waakeenheid en drie swanger vroue het gewag om in die teater in te gaan vir keisersneeoperasies, toe die kragonderbreking plaasgevind het.

Die departement het gesê die kragopwekker het nie outomaties aan die gang gekom nie, omdat dit geprogrammeer is om slegs aan die gang te kom wanneer daar ʼn algehele kragonderbreking is. Dit kon ook nie per hand aangeskakel word nie, weens die gevare wat met die waterskade aan die elektriese drade verband hou.

“Die lewensondersteunende masjiene het op bystandkrag gewerk. Een van die swanger vroue het ʼn mediese komplikasie beleef en sy moes by die trappe af gehelp word, omdat die hysbak ook nie meer gewerk het nie. Sy het geboorte geskenk aan ʼn gesonde baba. Dit gaan goed met ma en baba.”

ʼn Kontrakteur is ontbied om die water uit die kelder te pomp en die elektriese fout op te spoor.

Sibongiseni Dhlomo, LUR vir gesondheid in KwaZulu-Natal, het die bestuur en personeel van die hospitaal geloof dat hulle vinnig planne gemaak het. “ʼn Rampbestuurplan was deurslaggewend,” het Dhlomo gesê. “Hulle kon op hul voete dink en lewens red.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Marinda ·

Jare terug in hierdie hospitaal gebore. Lyk my dis nou nag daar.

Tanya ·

Waar het jy ooit in jou lewe gesien Hospital wat loadshedding kry

Cherokee ·

Wens ek kon vir julle ‘n video stuur oor die storm van laas nag bo die see voor Addington.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.