Kragtoevoer dalk gou na Welkom herstel

Een van die torings wat die afgelope paar dae buite Welkom omgeval het. (Foto: Eskom)

Eskom-spanne maak glo goeie vordering om kragtoevoer na groot dele van Welkom in die Vrystaat te herstel wat reeds sedert Sondagaand om 20:00 kragonderbrekings beleef.

Kragtoevoer sal na verwagting teen middernag herstel wees, het Stefanie Jansen van Rensburg, woordvoerder van Eskom, gesê.

Kragtoevoer is Sondagaand onderbreek toe twee 132 kV-torings omgeval het.

Alhoewel kragtoevoer Dinsdag reeds na dele van Welkom, Jurgenshof-myn en Brand-goudmynaanleg herstel is, sal kragtoevoer eers ten volle normaliseer sodra die konstruksie van ʼn nuwe toring afgehandel is. Die konstruksie sal na verwagting teen Donderdagmiddag afgehandel wees, het Jansen van Rensburg bygevoeg. Inwoners wat tans elektrisiteit van Welkompark-substasie ontvang, word gemaan om krag spaarsamig te verbruik.

Eskom vra om verskoning vir enige ongerief wat hierdeur veroorsaak word en vra verbruikers om geduldig te wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Hans ·

Ek wonder of die omval van die torings iets te doen het met die verwydering van dwars stutte. Dis mos nou die nuwe ding om van die dwars stutte te verwyder en as skroot te verkoop. Aan die JHB wesrand staan n paar wat net so half gestroop is, hulle is besig om die hele infra struktuur te vernietig

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.