Inwoners van Bethulie en Springfontein in die Suid-Vrystaat wat sedert Saterdag sonder krag sit, sal hopelik teen Woensdag weer elektrisiteit hê.
Eskom sê ʼn transformator het Saterdag die gees gegee en die streek sal nog Maandag en Dinsdag sonder elektrisiteit wees terwyl herstelwerk gedoen word.
Herstelwerk sal na verwagting teen Woensdag afgehandel wees.
Die Kopanong- plaaslike munisipaliteit het gesê weens die kragonderbreking is daar boonop ʼn probleem om water aan Bethulie, Springfontein en Trompsburg te verskaf omdat die waterpompe wat reservoirs moet voer weens die gebrek aan elektrisiteit nie werk nie.
Inwoners het ook gekla dat dit probleme met selfoonopvangs veroorsaak het.