Kragtoevoer na dele van Kempton herstel

Die Glen Marais-substasie in Kempton Park is ernstig beskadig nadat ‘n ontploffing weens kabeldiefstal plaasgevind het. (Foto: City of Ekurhuleni/Twitter)

Die Ekurhuleni-metroraad in Gauteng sê hy hoop dat kragtoevoer teen vanaand na alle dele van Kempton Park herstel sal wees.

Die kragtoevoer na verskeie buurte is gister stadigaan herstel, nadat duisende inwoners sedert Saterdag sonder krag sit.

Themba Gadebe, woordvoerder van die metroraad, sê hoewel hulle hoop dat die situasie teen vanaand opgelos sal wees, is dit onmoontlik om ʼn spesifieke tyd daarvoor te gee.

Enorme skade is Saterdag aan die Glen Marais-substasie aangerig toe kabeldiefstal ʼn ontploffing daar veroorsaak het.  Minstens 25 panele is in die daaropvolgende brand verwoes en skade aan die substasie beloop reeds nagenoeg R10 miljoen, het Gadebe gesê.

Dié substasie is die gebied se hoofsubstasie.  Herstelwerk kon eers begin nadat die brandweer die vlamme geblus en die toneel veilig verklaar het.

Dit is aanvanklik gehoop dat elektrisiteitstoevoer teen Dinsdag al herstel sou wees, maar tegniese probleme het opgeduik.

Teen gister is die kragtoevoer na verskeie buurte herstel en die proses duur vandag voort.

DA-woordvoerder, Refiloe Nt’sekhe, sê egter sy het betroubaar verneem die ontploffing is deur swak instandhouding, en nie kabeldiefstal nie, veroorsaak.

“Gerugte onder amptenare is dat die krag eers teen volgende week herstel gaan wees. Dit is onaanvaarbaar. Sakeondernemings wat reeds moeilike ekonomiese tye ervaar, kan nou nie eers hulle deure open nie en verloor hulle inkomste. Deeltydse werkers by verskeie kleinhandelaars is gevra om tuis te bly tot die krag herstel is.

“In die geraakte huishoudings begin kos nou vrot en moet dit weggegooi word. Kinders wat eksamen skryf, kan nie snags studeer nie en diegene wat versorging benodig, ly ook daaronder  – hulle lewens is in gevaar,” het Nt’sekhe gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

15 Kommentare

jongste oudste gewildste
Johann

Welkom in die ANC en trawante se land van anargie, waar niks of niemand werk nie, instandgouding n vkoekwoord is, diefstal die norm, GEEN aanspreeklikheid of verandwoordbaarheid bestaan nie…

Johan

Ja, die DA het niks vir ons hier in Kempton Park beteken nie. Hulle het gesorg dat die gebiede waar hulle bly se krag eerste aangeskakel word, terwyl ons vir dae sonder krag moes sit. Die DA se hol geryde verskoning was dat hulle nie in beheer van die metroraad is nie. Ons het n party nodig wat kan baklei vir ons. Wat aggressief sal wees. Wat nie weghardloop soos die DA nie.

Marinda

Stem maar weer vir die ANC.

Gert van Wierdapark

Kabel diefstal en swak instandhouding kom albei neer op ekonomiese SABOTASIE!!! Die Flippen skuldiges MOET aan die pen ry! Genoeg is Genoeg,!!! Dis alles deel van die Kakistokrasie in SA, en wie moet ons daarvoor bedank??!! = Dis tog voor die hand liggend!

Jakes

R10 miljoen se skade aan die substasie vir seker ‘n paar duisend rand se afval koper. Probleem is dit gaan aanhou gebeur want daar is n mark vir afval koper. Dan is die huidige koper prys per ton ook nog hoog, so dit vergemaklik nie die situasie nie en die arme belasting betaler wat sy deel doen, moet weereens die kostes dek.