Kragtoevoer na Kempton Park herstel

Argieffoto

Argieffoto

Die elektrisiteitstoevoer na Kempton Park is weer herstel na daar verlede week ‘n ontploffing by ‘n substasie was.

“Ons wil graag dankie sê aan ons ingenieurs wat sonder ophou gewerk het om te verseker dat die kragtoevoer voor vanaand herstel is,” het Themba Gadebe, woordvoerder van die Ekurhuleni-munisipaliteit, gesê.

Gadebe het ook inwoners van Kempton Park bedank vir hulle geduld gedurende die kragonderbreking. Hy sê voorlopige ondersoek dui daarop dat die ontploffing veroorsaak is weens kabelfoute.

Groot gedeeltes van Kempton Park is sedert Vrydag sonder krag na ‘n ontploffing by die Aston Manor-substasie. Aston Manor, Nimrod Park, Bonaero Park en dele van Pomona en Glen Marais was sonder krag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

AmY ·

Swak instandhoudingwerk, want die mense met die kennis is te bleek om aangestel te word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.