Kragtoevoer na Pta-Oos dán herstel

Die Mooikloof-substasie na die brand. Foto: Solly Msimanga/Twitter

Die Tshwane-metro het gesê kragtoevoer na groot dele van Pretoria-Oos behoort teen Woensdag om middernag herstel te wees.

Dit kom nadat verskeie buurte sedert Dinsdag sonder krag was nadat ʼn brand by die Mooikloof-substasie uitgebreek het. Selby Bokaba, woordvoerder van die Tshwane-metro, het gesê danksy ʼn toegewyde span ingenieurs en tegnici sal “noodgebiede” soos hospitale vandag teen 16:00 weer elektrisiteit hê en sal daar teen 20:00 ook elektrisiteit aan ander gebiede voorsien word. Hy het gesê die krag behoort teen middernag oral weer aan te wees.

Bokaba het gesê berigte dat die kragtoevoer eers oor vyf tot sewe dae herstel gaan wees, is verkeerd. Soveel as 11 voorstede in die ooste van Pretoria is sedert Dinsdag 11:00 sonder krag. Dit sluit in die Pretoria-Oos-hospitaal en Woodlands Mall. Volgens Bokaba beloop die skade wat aangerig is sowat R45 miljoen. Dit is nog nie bekend wat die brand veroorsaak het nie.

Volgens Bokaba het die span ʼn “wonderwerk” verrig om die substasie te herstel en was hulle teen Woensdagoggend reeds besig om nuwe kragkabels aan te lê en om die Woodhill-substasie se kabels te herlei.

Gebiede wat deur die onderbreking geraak is sluit in Boardwalk Meander, Garsfontein, Mooikloof, Mooikloofrif, Moreletapark, Mooikloof-landbouhoewes, Onbekend, Pretoriuspark, The Wilds, Woodhill en Zwavelpoort.

Die stad het inwoners om verskoning gevra vir die kragonderbrekings. Inwoners wat geraak word deur kragonderbrekings kan die woord “power”, gevolg deur hul munisipale rekeningnommer, na 44676 SMS of die inbelsentrum skakel by 012 358 9999 of dit op die metro se webtuiste www.tshwane.gov.za aanmeld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Johann ·

Wonder ek nou hardop: hoe ontstaan so n brand juis in die gebied se substasie? Maar soos ek sê..ek.wonder maar net hardop.

Johanna Botha ·

Ek vermoed iemand wou die kabels steel ..het in ons are ook al gebrand toe diewe dit wou steel. Ek kannie vestaan hoekom die stadsraad nie die substasies deur n reaksie diens laat moniteer nie…dis n paar Rand n maand imv al die skade ontwrigting en verlies aan krag verkope …maar dis seker weer teveel gevra.

Piet Pompies ·

Ring feeds bestaan wel, as jou skade op jou skakeltuig en kabels voorkom kan ring feeds nie gebruik word

Kloekie ·

Iemand sê die kragstasie is in mooikloof estate met Sekuriteit en Kameras. Vandale of kabeldiewe?

Theresa ·

Ja, als sal moet opgepas en gemoniteer word. Beslis nodig by kragstasies en enige iets wat ‘n koperdraadjie bevat.

AWes ·

Swak onderhoud?
Weens my werk moet ek soms in sub stasies inligting gaan kry. 9 uit 10 keer is ek te bang om verder as die deur te gaan weens die swak toestand van die toerusting.
Vog meter wys vog in stelsel.
Olie lekke en olie op vloer.
Swak of beskadigde insulasie.

Louise ·

“Teen middernag oral aan te wees?” En hier sit ons Do oggend en steeds geen sprake van elektrisiteit nie. Die probleem kom in by verwagting skep en dan is die teleurstelling soveel erger wanneer daardie verwagting nie realiseer nie.

Rone Visser ·

Ons bly in Moreletapark en is nog steeds sonder elektrisiteit. Middernag het gekom en gegaan….

SARIE VAN HEERDEN ·

Ons is nie geraak deur die kragonderbreking nie behalwe dat ek gister vir UUURE in ‘n tou moes staan met my motor omdat net een-een-motor oor die kruising kon gaan. Die Munisipaliteit moet maar ophou verskoning vra want WAAR is die opgeleide en kundige elektrisiens wat ‘n klomp jare afgedank is en nou sit meeste van hulle oorkant die water waar hul indiens is? Hierdie land is een groot chaotiese ASKIES VIR SWAK DIENS.

Ja hoor ·

En dan het Rian op Radio Jakaranda weer baie te se hieroor en beweer ons Suid AFrikaners is neuroties as ons die woord SABBOTASIE gebruik. Darem so lekker om agter ‘n mikrofoon BIG BOY te speel en almal te kritiseer. EK hou van sy humor en ek weet die artikel gaan nie oor hom nie, maar SPESIFIEK het hy hierdie onderwerp vanoggend op RADIO opgehaal dat almal kan hoor hoe SIMPEL is die Afrikaner wat altyd die ergste glo naamlik of “kabeldiefstal” of “sabotasie” .. nog een wat se ogies moet oopgaan. Lyk my nie iemand weet wat die oorsaak was nie so wat is verkeerd met SPEKULASIE?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.