Kragtoevoer steeds onder druk

beurtkragEskom het Donderdag gesê die land se elektrisiteitnetwerk is steeds onder druk nadat hy Woensdag ʼn krag-noodtoestand verklaar het.

“Die reserwes is laag, en die situasie is dieselfde as Woensdagaand,” het Andrew Etzinger, woordvoerder van Eskom, gesê.

Etzinger het gesê die moontlikheid bestaan dat beurtkrag toegepas kan word, maar dit is nog nie beslis nie. “Dit hang van die omstandighede af, ons sal in ʼn latere stadium kan sê of beurtkrag toegepas moet word.”

Beperkte voorsiening word tussen 17:30 en 18:30 verwag. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

andre ·

Ek glo nie krag voorsiening is werklik onder soveel druk nie. Hierdie foefie speel hom elke jaar in Junie af om die mense skrik te maak. ‘Sit tog maar die pryse op ons sal betaal net solank ons krag het.’ Dit werk elke keer!

AmY ·

Net nie nou nie. Hulle gaan die mense baie kwaad maak wat krag betaal het en na die sokker wil kyk. Darem is ek gelukkig met ‘n kopliggie (by Verimark of Glo Mail gekoop) en ‘n lekker-lees boek onder die komberse.

En ek sê steeds Pre-paid krag is die antwoord. As jy nie jou krag laai nie, het jy doodeenvoudig nie krag nie. Dit is al wat gaan werk in ons land.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.