Kranige jong sportman verlam ná gru-ongeluk

Ulrich Bester. Foto: Facebook

Ulrich Bester. Foto: Facebook

Ulrich Bester (24), ʼn kranige rugbyspeler, is verlam toe hy Dinsdag in ʼn gru-ongeluk in Brits betrokke was.

Daniel Bester (28), Ulrich se broer wat die NWU-Puk se o.21-span afrig, het aan Maroela Media gesê Ulrich het omstreeks 13:00 saam met kollegas teruggery werk toe, toe hulle in ʼn ongeluk betrokke was in ʼn kruising by die Brits-winkelsentrum.

“Hulle was vier mense in die motor. My broer het in die voorste passasiersitplek gesit. Hy het sy nek op twee plekke gebreek.” Ulrich was in die motor vasgekeer en moes met meganiese toerusting verwyder word. Hy is deur paramedici na die Milpark-hospitaal in Johannesburg vervoer.

“Hulle het hom behandel maar ons moes teen die Dinsdagaand R350 000 betaal. Ons kon dit nie bymekaar kry nie en hy is omstreeks 23:30 na die Charlotte Maxeke-hospitaal vervoer. Hy het daar gelê tot 06:00 voor ʼn dokter hom die eerste keer gesien het.”

Brandbestryders en paramedici spook om Ulrich uit die wrak te verwyder. Foto: Hartbeespoort Emergency Rescue Unit/Facebook

Brandbestryders en paramedici spook om Ulrich uit die wrak te verwyder. Foto: Hartbeespoort Emergency Rescue Unit/Facebook

Volgens Bester was sy broer Woensdag in erge pyn en het die gesin gespook om genoeg geld bymekaar te kry om hom na ʼn private hospitaal te skuif. “Ons kon genoeg geld bymekaar maak. Ons kom hom egter nie dadelik laat oorplaas nie aangesien hy in traksie was. Hy is Donderdagmiddag na die Lenmed-Randfontein-hospitaal oorgeplaas.”

Bester het gesê sy broer moet nou ʼn operasie ondergaan. “Hy is by sy positiewe en ons kan met hom praat. Hy het nie kopbeserings opgedoen nie en kan alles onthou. Ons probeer hom positief hou. Ons bly bid en bly hoop. Toe hy nog in Milpark was het die dokters gesê die twee breuke in sy nek is ernstig en die operasie sal nie noodwendig tot gevolg hê dat hy weer kan loop nie, maar daar is altyd wonderwerke wat plaasvind.”

Ulrich bly naby Hartbeespoortdam en speel vir die Hartbeespoort-rugbyklub. Hy het ook voorheen vir die Puk en die Luiperds gespeel. “Hy het al so baie wedstryde gespeel en so baie houe gevat en dit het hom nooit geraak nie. Dat so iets nou moes gebeur,” het Bester gesê.

Klik hier vir meer inligting oor Ulrich se mediese onkoste en hoe om ʼn bydrae te maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

m ·

As hy vroegtydig mediese behandeling gekry het was die prognose dalk anders. Kyk net die lang tydsverloop en watter mens het sommer R350 000 om neer te sit. Dis absoluut belaglik.

Cindy ·

Die ongeluk kon voorkom gewees het as die verkeersligte in Brits behoorlik gewerk het. Dit het gebeur as gevolg van foutiewe verkeersligte wat groen was vir altwee voertuie. Ek dink hy moet die staat of Madibeng munisipaliteit dagvaar vir enige onkostes wat hy nou en in die toekoms gaan hê. Ek bly self in Brits, en hier is baie min verkeersligte wat nog (reg) werk

Lies ·

Stem 100 % saam Cindy! Madibeng is so te se bankrot en van ‘n kaal hoender kan jy nie pluk nie. Ongelukke fonds? dit kan jare neem voordat daar uitbetaal sal word. Intussen het die Bester gesin ‘n groot probleem.
Sterkte familie Bester en Ulrich

Madibeng ·

Madibeng (Brits) Munisipaliteit moet die kostes dra. Daardie verkeerslig is al ‘n geruime tyd buite werking soos vele ander in Brits wat nie herstel word nie. Dalk skrik die munisipaliteit nou wakker….

Koos ·

Wat ‘n skande dat Milpark hom uitskop omdat hy nie die geld gehad het nie en staatshospitale in Suid Afrika is dieselfde as ‘n doodsvonnis as jy ernstig beseer is.Dit is weereens ‘n bewys dat Afriforum/Solidariteit ondersteun moet word om hospitale te bou vir ons mense met goeie professionele diens teen ‘n billike tarief soos die staatshospitale in Europa is en veronderstel om te wees in Suid-Afrika.

Frederik ·

Afriforum/Solidariteit moet eers ‘n mediese fakulteit ontwikkel by Akademia en kan dan eers ‘n privaat hospitaal bou om praktiese opleiding te gee aan studente, Koos. En weet jy watter bedrae in jou voorstel ter sprake is?
As alles dan uiteindelik in plek is, gebeur alle ongelukke steeds nie reg voor die hospitaal nie.

Boerseun ·

Bou beide in Orania ons betaal leerskappe en hulle werk terug vir 2 jaar in akademiese hospitaal, maak ook lanbou collage oop. Hier gaan bee dit nie uitlos nie.

johann cb ·

Die jong man se lewe is belangriker as ‘n twis oor medies. Ek glo hy sal binnekort ten volle herstel. Ons bid vir hom en sy familie. Sterkte!

Maria van Dieweeck ·

Jul is heeltemal reg om te se wonderwerke gebeur! Ek bid en glo saam met jul.

Misliķ ·

weereens. sou dit n krimineel eees het hy die “beste” behandeling ontvang. Die hospitaal bestuur het bloot nie gedink nie. wonder as dit een van hul familielede sou wees of hulle ook weggewys sou word.
SA is in totaal verval omdat gesogte poste bloot gevul is deur gierigheid en geen passie vir die van n lewensredder nie

Mariaan Morton ·

Dit is tragies dat geld so groot rol speel in gesondheidsorg, daar is mense wat dit eenvoudig nie kan bybring nie, soos n vorige opmerking tereg gesê het dat die prognose van Ulrich Bester dalk anders was as geld nie so hard gepraat het en daardie astronomiese bedrag nodig was voordat hulle enige iets vir hom doen nie….waar is die vroeër dae tog toe die pasiënt se belange eerste gestel was?

Lies ·

HI Mislik, jy is reg! Kyk bietjie na ‘n ander berig op Maroela. “verdagte skiet makker” . Was ‘n gewapende roof vroegoggend in PTA Oos. Die verdagte, of eintlik die moordenaar, rower, is gestabiliseer en opgeneem in n hospital daar naby. Enigste hospitaal naby daar is Netcare PTA Oos, ‘n privaat kliniek dus.

Joann ·

Privaat hospitale dink net aan geld en nie lewe nie. Voor toelating moet mens n vrag vorms invul,by die tyd is jy amper dood. Mediese fondse is so duur mens kan nie bekostig.

Koekie ·

Dit is baie tragies en ja ek was self verlede Sondag in Brits en daardie robot het toe ook nie gewerk nie. Mense weet nie hoe om n 4 rigting stop te hanteer nie. En daardie stupid stop straat op die brug is n resep vir n baie groot gemors, dalk moet Madibeng meer hobbels gooi om jou te waarsku dat die stop volg of dalk n robot insit. In die nag weet gun mens van daai stop straat nie. Sterkte jong man, kyk na Matthys Roets vir inspirasie as dinge rof raak!

n Pa ·

In hierdie tyd het die familie ons gebede en dade nodig. Ek vra mooi, kom ons dra elkeen by wat ons kan. Dink hoe sou ons voel in die situasie (ek was daar) en hoeveel ons mee geseen is om te kan verskil maak aan sy posisie. Dringende operasie is nodig en sal groot verskil maak aan uitkoms. Daar is skakel in berig.

Ruan ·

Dit is rerig sleg wat gebeur het, en ek voel vir die familie. Dit laat mens net besef hoe belangrik ‘n mediese fonds of meer altans ‘n hospitaal plan is. Mens kan nie waag om asem te haal in die wereld as mens nie dit het nie. Sterkte met hulle en die familie vir nou en die toekoms!

Annie ·

Dis baie hartseer wat met hom gebeur het en uiters swak van die hospitaal om hom weg te wys, maar as hy nie blank was nie, sou hulle hom onmiddelik gehelp het anders was daar betogings by hulle hospitaal. Stem saam dagvaar die Munisipalitei, daar gaan baie prokureurs wees wat hom sal wil help. Sterkte en voorspoedige beterskap.

Elizabeth ·

MILPARK DIS N SKREIENDE SKANDE VAN SO N GOEIE HOSPITAAL…GELDGIERIG!!!!
my man het n hartaanval gehad geen medies. Hy is opgeneem in Parkland clinic was in ICU vir 5 dae toe stuur hulle hom Joburg General toe waar hy n stet gekry het. Ek betaal elke maand R200 dis nou 4jaar en ek is amper klaar. Hulle het ons gese ons kan afbetaal…..hulle het so mooi gekyk na hom en ek verstaan hy kon nie bly nie maar JHB was net so goed. Daar was jy 2weke en dit het R115 gekos.SKANDE!!!! MILPARK!!!
Maar as hulle geweet het dis Munisipaliteit se skuld en hulle moet betaal dan was daar mie n probleem nie. Dan las hulle sommer nog R200 000 by die rekening…..die land is klaar!! Ek gaan in Orania bly so gou moontlik

Mariza Labuschagne ·

So vreeslik hartseer…… ,my seun is n paar jaar gelede na n erge rugby besering ook weg gewys deur Milpark…..Sterkte aan die Famielie , Baie jammer aan Ulrich wat so in die steek gelaat is, die operasie kon al gedoen gewees het, nou moet hy in n staats hospital gaan le en wag, so onregverdig! Mag God se geneesende hand jou dra, ons se klaar dankie vir jou volkome genesing!!

Sandra ·

Ai Milpark, hierdie man se toekoms was op die spel en julle wys hom weg. Alles gaan net oor geld. Verskriklik!! Ek is seker as hulle hom net daar kon hou om later oor te plaas na ‘n staatshospitaal, kon dinge anders wees. Waar is die dae toe ons kinders was? Ons het SKOON kiemvrye hospitale gehad. Die “pienk ladies” het die kleiner tydrowende werkies gedoen terwyl die verpleegpersoneel verpleeg het. Hulle was trots op hulself en hul werk. Pasiente was oor dieselfde kam geskeer. NIEMAND het geweet of jy ‘n betalende of ‘n staatspasient was nie. Daar was dus geen onderskeid getref nie. Ek en my man is in ons 60’s en betaal dat ons hik aan ‘n mediese fonds. Maar betaal steeds in op alles. Ons kan dit nie bekostig nie, maar los eerder ander dinge. Ons het gesien hoe swaar ‘n familielid gekry het met nierversaking in staatshospitale. Toe hy uiteindelik opgeneem is Jhb Gen was die dokters en behandelik fantasties – net stadiger as indie privaat hospitale. Verpleegsters meestal onbetrokke en lui soos in meeste staats- en private klinieke. Jy kry die gebore verpleegster oral – ongelukkig is hulle maar min. Ek hoop regtig dat Afriforum weer so iets tot stand sal kan bring eendag.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.