Die VF Plus het die Nasionale Kredietreguleerder gevra om ondersoek in te stel na pres. Jacob Zuma se huislening van byna R8 miljoen.
Adv. Anton Alberts, voorsitter van die VF Plus, het gesê hulle sal aanhou soek na antwoorde oor hoe die president met sy salaris so ʼn groot lening kon bekom.
“Die VF Plus het die Openbare Beskermer (OB) in Augustus verlede jaar versoek om die ondersoek te doen, maar die OB het laat weet dat die Nasionale Kredietreguleerder in ʼn beter posisie is om die aangeleentheid te ondersoek,” het Alberts verduidelik.
Die VF Plus het dus ʼn versoek tot die Kredietreguleerder gerig. “Ingevolge die destydse bevel van die OB moes pres. Zuma ʼn bedrag van R7,8 miljoen terugbetaal. Teen ʼn rentekoers van slegs 10% sal die terugbetaling R75 270 per maand beloop. Dit terwyl sy salaris voor aftrekkings R2,8 miljoen per jaar beloop,” het Alberts gesê.
Die lening is bekom van VBS Mutual Bank, voorheen bekend as die Venda Bouvereniging.
Volgens adv. Alberts is dit verontrustend dat die Openbare Beleggingskorporasie (OBK), wat staatsamptenare se pensioengeld bestuur, ʼn aandeel van 25,26% in VBS het.
“Die VF Plus sal nie toekyk dat die OBK se fondse deur iemand soos pres. Zuma as sy persoonlike spaarvarkie gebruik word nie. Dit is bloot nie moontlik dat die president met sy salaris byna R8 miljoen kon leen nie,” het Alberts gesê.
“Die VF Plus is vasbeslote om ʼn antwoord hieroor te kry en sal die ondersoek van die Kredietreguleerder fyn monitor,” het Alberts gesê.
Maar is die Kredietreguleerder nie ook maar toegebind in n sakkie wat gehou word deur Mnr Z nie.
Wat het geword van die bykans R60 miljoen belastinggeld wat hy veronderstel was om voor aanspreeklik te wees wat gespruit het uit die voordeel wat hy getrek het uit Nkandla en wat het van die meer as 700 bedrogsake geword wat destyds toegesmeer is?
Wil ek ook weet? Almal raak nou keelvol vir hom. Dis net n jammerte dat die ANC nie teen hom opgetree het nie, nou moet die opposisie party die ANC se werk vir hul doen
Kan dit so gou moomtlik geskied asseblief. Hy het nou so gierig geword hy wil elke sent van die land vir homself hê!
Ag asseblief wat n grap. Hulle sal niks teen hierdie glibberige vent kry nie. Daar is genoeg geld gesteel om vir alles te kan betaal.
Ag wat n groot grap. Hier sal niks van kom nie
Ek dink dat Zuma nie die aflossing op die lening van R8miljoen betaal nie, die salaris wat hy kry is vir parties sy vroue en drank en ons belasting geld word aangewend om sy skuld af te betaal.
die VF plus gaan an paar stemme bykry met kleinlike zille aangeleentheid. daar is verseker baie belangriker sake om aan te vat. wat die spur aangeleentheid betref, mooi mense dit lyk my dit werk. die spur geen blankes nie maar langs aan is die ocean basket, m&b en ander vol.
Dit is lekker om ‘n R260miljoen se eiendom te bekom en net R8miljoen daarvoor te betaal.
Vraag: Sê weer waarop is die ander R252 spandeer? en waar het hy die geld gekry om die ander gebou op te rig?
Miskien moet die VF daardie vrae vra
Guptas het vir hom borg geteken en betaal die paaiement, sy seun betaal dit weer dubbeld terug met die kernkrag transaksie tenders wat hy kry.
Ag asb !!! . niemand kon nog ooit iets doen of bereik teen die korrupte anc of enige Gupta, Zuma of wie ookal in 20+ jaar nie. Wie wil nou wat teen wie ookal doen of probeer. Bly ‘n grap, en sal altyd ‘n groot grap. Bly maar droom tot die perde horings kry, selfs die wêreld steur hulle nie eers daaraan nie. Droom voort 56 miljoen SA’ners.
En wat van die Krynaauswlust plaas in die Vrystaat wat die Staat oo aan Zuma hulle gegee het. Die adres in Sandton verwys na Zuma se seun, Duduzane Zuma, Mabengela Pty Ltd – die Gupta familie se maatskapy en Thsepo Magashule – die Vrystaatse Premier se seun. Waar gaan dit eindig. Hulle wil plase besit maar gaan ruik die stank op die plaas van die diere wat vrek van hongerte. Dit is nou tyd vir Zuma om te gaan te veel het gebeur nou al.
Sterkte aan die VF Plus – die NCR is sekerlik een van die mees onbeholpe afdelings in die staatsdiens tov hierdie spesifieke klagte. Hulle “regsgeleerdes” gaan nadat hulle alle inligting bekom het en almal se tyd gemors het, 12 maande later verwese erken dat hulle geensins oor die finansiele vaardighede beskik om roekelose uitleen praktyke te identifiseer en beoordeel nie. Tree nie eens teen Banke op met feitlike inligting in die hand nie – waarom sal hulle teen die President optree wat hul salarisse betaal?
Hoe is dit moontlik dat ons nie van die Number One Nar van die land nie kan ontslae raak nie. Vergelyk dit met die afdanking (impeachedment) van die destydse president van Amerika! Is daar gom aan hierdie SA nar se sitvlak?