Kreefduiker sterf by Bettiesbaai

Storm_weer_see_rotse_stiltetyd_pixabay.jpg

Argieffoto bloot ter illustrasie (Foto: pixabay.com)

’n Man is Saterdag op die eerste dag van die kreefduikseisoen by Bettiesbaai dood “nadat hy ’n mediese toeval in die water gehad het”.

Craig Lambinon, woordvoerder van die nasionale seereddingsinstituut (NSRI), sê lede van NSRI-Kleinmond was juis op ʼn gereedheidsgrondslag weens die kreefduikseisoen wat Saterdag afgeskop het, toe hulle omstreeks 10:30 na Draadbaai ontbied is.

“Mededuikers het in dié stadium reeds ’n vryduiker uit die water gebring nadat hy ’n mediese toeval in die water gehad het en mond-tot-mond-asemhaling op hom toegepas.”

Paramedici het by die duikers oorgeneem en vergeefs met mond-tot-mond-asemhaling voortgegaan voordat die man eindelik dood verklaar is.

Die oorledene is geïdentifiseer as ’n 46-jarige man van Eersterivier in die Wes-Kaap.

Sy liggaam is aan die provinsiale departement van gesondheid se forensiese patologiedienste oorhandig. Die polisie sal ’n geregtelike doodsondersoek doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.