Krejcir-appèlaansoek: Uitspraak gelewer

Radovan Krejcir tydens 'n vorige hofverskyning. Foto: Werner Beukes/Sapa

Radovan Krejcir tydens ‘n vorige hofverskyning. Foto: Werner Beukes/Sapa

Die Suid-Gautengse hooggeregshof het Woensdag uitspraak gelewer oor die Tsjeggiese voortvlugtige, Radovan Krejcir, se aansoek om verlof tot appèl teen sy vonnis.

Die hof het Krejcir se aansoek om te appelleer teen sy vonnis van 35 jaar tronkstraf van die hand gewys. Regter Colin Lamont het gesê hy meen daar is “nie ʼn rede dat ʼn ander hof tot enige ander gevolgtrekking sal kom nie”.

Krejcir en sy medebeskuldigdes, Desai Luphondo, voormalige adjudant-offisier Samuel Maropeng, Jan Mofokeng, George Nthoroane en taxibaas, Siboniso Miya, is skuldig bevind aan ontvoering en poging tot moord in verband met ʼn dwelmtransaksie wat in 2013 skeefgeloop het.

Lamont het Krejcir en Luphondo tot 35 jaar tronkstraf elk gevonnis, terwyl Maropeng, Mofokeng, Nthoroane en Miya elk 15 jaar tronkstraf gekry het.

Krejcir het in 2005 uit sy tuisland gevlug en daarna in die Seychelle gaan woon voordat hy twee jaar later met ʼn vals naam Suid-Afrika binnegekom het. Hy is in 2012 in absentia in sy tuisland tot agt jaar tronkstraf gevonnis vir bedrog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Nefie ·

Hulle moet net in die sel kyk of hy nog daar is. Hierdie ou is so glibberig soos nog.

Humor ·

So glibberig soos kwik. Sy kondisie is nog steeds puik. So die lewe in die tronk is heerlik. Stuur hom terug na sy land van herkoms. Ons belastingbetalers kan hom nie bekostig nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.