Krejcir dalk vandag gevonnis

Radovan Krejcir. Foto: Werner Beukes/SAPA

Radovan Krejcir. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die Tsjeggiese voortvlugtige Radovan Krejcir en sy vyf medebeskuldigdes se vonnisoplegging sal na verwagting Maandag in die hooggeregshof in Johannesburg begin.

Die vonnisoplegging is sedert September reeds drie keer uitgestel. Dit is in November uitgestel aangesien Krejcir se vorige regsverteenwoordiger bedank het, en hy gedwing is om ʼn nuwe een aan te stel.

Krejcir se nuwe regsverteenwoordiger, adv. Nardus Grovè, het destyds aan die hof gesê sy kliënt sukkel om nuwe regshulp te bekom aangesien geld, wat sy ma gestuur het, ingeperk is en eers onlangs beskikbaar gestel is.

Grovè het gesê Krejcir wil ook ʼn mediese sertifikaat ter versagting indien, maar dit was nog nie moontlik nie.

Regter Colin Lamont het Krejcir, Desai Luphondo, ao Samuel Modise Maropeng, Jan Lefu Mofokeng en Siboniso Miya in Augustus skuldig bevind op aanklag van poging tot moord op Bheki Lukhele. ʼn Sesde beskuldigde, George Jeff Nthoroane, is skuldig bevind op aanklag van aanranding. Al ses mans is ook skuldig bevind op aanklag van ontvoering.

Lees alle vorige berigte oor Radovan Krejcir op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

scalla ·

Die woord dalk word gebruik, soos in die stelsel sal dit seker weer uitgestel word, hoop die saak kom nou tot n finale beslissing, kos net n klomp geld vir die belastingbetalers.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.