Krejcir en kie gevonnis

Radovan Krejcir. Foto: Werner Beukes/SAPA

Radovan Krejcir. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die Tsjeggiese voortvlugtige Radovan Krejcir is Dinsdag in die hooggeregshof in Johannesburg gevonnis.

Regter Colin Lamont het Krejcir en sy medebeskuldigde, Desai Luphondo, tot 35 jaar tronkstraf gevonnis nadat hulle skuldig bevind is op aanklag van ontvoering, poging tot moord en die poging om dwelmmiddels te bekom.

Krejcir se ander medebeskuldigdes, voormalige Valke-werknemers ao Samuel Maropeng, Jan Mofokeng, George Nthoroane en Siboniso Miya is elk tot 15 jaar tronkstraf gevonnis.

Die beskuldigdes sal Woensdag weer in die hof verskyn om appèl aan te teken teen hul skuldigbevinding en vonnisse.

Lees alle vorige berigte oor Radovan Krejcir op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Jo ·

Wonderlik. Ek hoop appel word nie toegestaan nie en dat hulle die hele vonnis moet voltooi. Bere daardie ou diep, want hy soek net geleentheid om te ontsnap.

Karma ·

Jo … nee hulle sal nie ‘n appel vir die ou toestaande, maar hulle mag wel appèl toestaan. Bere hiberneer dié tyd van die jaar in hul natuurlike habitat (Noordelike hemisfeer), maar hulle kan dié ouens lank bêre agter stewige tronkdeure!

GES ·

Dit sal dalk ‘n goeie idee wees om almal in een sel te plaas en die hek toe te sweis. Jammer om te sê maar hulle moet van die straat afgehou word.

DPJ ·

Onwettige emigrate moet swaarde gestraf word. Hy het gedink dat geld wat stom is maak reg wat krom is, soos in cupta geval is. Hi is nie tjomies met NR 1 Nie.

Adoons ·

Hy kan tog seker nie voortvlugtend wees as hy die afgelope tyd in aanhouding en vandag in die hof was nie? Of het hy ontsnap?

Luister ·

Hy is voortvlugtend uit sy eie land, Tsjeggiese Republiek. Deurwinterde skurk, dus.

Sune van Heerden ·

Dagsê Adoons

Radovan Krejcir word steeds as “‘n Tsjeggiese voortvlugtige” beskou, aangesien hy nog nie in sy land van herkoms in die hof verskyn het op verskeie aanklagte nie en hy nie aan Tsjeggië uitgelewer is nie. Hoop dit klaar die verwarring op!

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

derek ·

35 jaar vir poging tot moord? Watsenaam gaan seker 10’jaar kry vir moord?

A ·

Stem saam derek, wou dit ook se, 35 vir poging tot moord, asseblief! Dis nou met weer om buiteland te wys ons is baie streng en kan ook optree terwyl ander moordenaars en hijackers wat al 10 mense plus vermoor het en vele ander nognie eers gevang is nie. Die land se prioriteite en tysbesteding aan sake wat net hulle image verhoog is n grap, of nie eintlik eers meer nie, dis n ramp!

François ·

Lekker! Kry vir jou! Welcome to Africa! Nou weet jy hoé voel dit!

Liewe Heksie ·

Hier kom ook een van daai stories op crime kanaal “I almost got away with it” hou dop hy ken nie van halt nie

Theresa B ·

Gevonnis of nie. Hierdie man en sy trawante sal bitter mooi dopgehou moet word. Maak nie saak waar hulle is nie. Daardie gesig sê alles hoor…………………………

neelsie ·

Die verwagte tyd in die tronk sal 12 jaar wees, vir so n skurk is dit ver te min.
Met geld sal hy een van die ‘main manne ‘ wees.

Petro ·

Ek hoop hierdie regter en sy familie word onder veiligheid geplaas want die ou is so connected in die under world hy laat mweb sleg lyk ouens soos hy kan n hit reel uit die tronk uit en my hare het gereis(verskoon my spelling indien dit verkeerd is) toe hy vir die regter se hy bly in bedfordview en die regter vra hoe weet hy dit.

Takkie Takuuza ·

Ek sien skouspelagtige ontsnapping op die kaarte, Hollywood styl.

Nico ·

Ja nee as jy sy houding sien lag hy die straf af plan sal hy maak om uit te kom gevaarlike mense om op straat te wees al sy familie se paspoorte moet gevat word teruggestuur word na hulle land veral sy ma wat hom so ondersteun het moet eerste klim

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.