Krejcir en kie hoor eers volgende jaar hul lot

Radovan Krejcir. Foto: Werner Beukes/SAPA

Radovan Krejcir. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die Tsjeggiese voortvlugtige Radovan Krejcir en sy vyf medebeskuldigdes se vonnisoplegging is Dinsdag in die Johannesburgse hooggeregshof uitgestel tot 2016.

Die ses persone moet weer op 22 Februarie in die hof verskyn.

Die vonnisoplegging is reeds twee keer sedert September uitgestel en is Dinsdag weer uitgestel aangesien Krejcir se vorige regsverteenwoordiger bedank het, en hy gedwing is om ʼn nuwe een aan te stel.

Krejcir se nuwe regsverteenwoordiger, adv. Nardus Grovè, het aan die hof gesê sy kliënt sukkel om nuwe regshulp te bekom aangesien geld, wat sy ma gestuur het, gevries is en eers onlangs beskikbaar gemaak is.

Grovè het gesê Krejcir wil ook ʼn mediese sertifikaat ter versagting indien, maar dit was nog nie moontlik nie.

Regter Colin Lamont het Krejcir, Desai Luphondo, ao Samuel Modise Maropeng, Jan Lefu Mofokeng en Siboniso Miya in Augustus skuldig bevind op aanklag van poging tot moord op Bheki Lukhele.

ʼn Sesde beskuldigde, George Jeff Nthoroane, is skuldig bevind op aanklag van aanranding.

Al ses mans is ook skuldig bevind op aanklag van ontvoering.

Lees alle vorige berigte oor Radovan Krejcir op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Anoniem ·

Kan die hof nie besef Krejcir speel woer woer met hulle nie. Dit gaan hulle nog duur te staan kom. Hoop die wat buite is het genoeg lyfwagte!!

BUSFARK VAN PLETSEN ·

Dis diudelik die man wil ontsnap en soos dit vir my lyk gaan hy dit regkry

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.