Krejcir en kie weer in hof

Radovan Krejcir Foto: Werner Beukes, SAPA

Radovan Krejcir Foto: Werner Beukes, SAPA

Die Tsjeggiese sakeman Radovan Krejcir en sy medebeskuldigdes gaan Vrydag weer in die Alexandra-landdroshof verskyn nadat hulle glo saamgesweer het om twee ondersoekbeamptes te vermoor.

Krejcir, Siboniso Miya, Owen Serero, Zudumo Biyela, sers. Nandi Nkosi, Welcome Mafunda, Siphiwe Memela, en Mike Borislov Grigorov word daarvan verdink dat hulle saamgesweer het om kol. Nkosana “Killer” Ximba en Paul O’Sullivan, ʼn forensiese ondersoekbeampte, te vermoor.

Tydens hul vorige hofverskyning is die staat tot Vrydag uitgestel gegun om die aanklagte teen hulle só te wysig dat die saak na die Johannesburgse hooggeregshof oorgeplaas kan word. Aanklagte teen Jacob Nare, wat aanvanklik saam met die groep aangekla is, is laat vaar en hy gaan tydens die hofsaak vir die staat getuig.

Intussen het gerugte vandeesweek die ronde gedoen dat Krejcir ʼn hartaanval gehad het en in ʼn gevangenis se hospitaal behandeling ontvang. Die polisie het dit egter ontken en gesê Krejcir word nog altyd in die gevangenis se mediese afdeling aangehou, kragtens ’n vorige hofbevel. Klik hier om meer te lees.

In ʼn ander saak word Krejcir, Desai Luphondo, ao. Samuel “Saddam” Maropeng, George Nthoroane, Jan Lefu Mofokeng en Siboniso Miya, aangekla van ontvoering, poging tot moord en dwelmhandel.

Die mans word daarvan beskuldig dat hulle in Junie 2013 Bheki Lukhele, die broer van ʼn man wat met 25kg tik verdwyn het, by sy huis in Katlehong ontvoer en aangerand het. Die man, slegs bekend as “Doctor”, sou hulle glo help om die dwelms uit die land te smokkel. Die mans word daarvan verdink dat hulle Lukhele by Krejcir se Money Point-besigheid in Bedfordview in Johannesburg vir vier dae lank aangehou en hom aangerand het. Dié saak sal na verwagting op 21 Julie in ʼn Palm Ridge-sitting in die Johannesburgse hooggeregshof hervat. – SAPA

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.