Krejcir glo Lolly Jackson se moordenaar

Die vermoorde Teazers-baas, Lolly Jackson. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die vermoorde Teazers-baas, Lolly Jackson. Foto: Werner Beukes/SAPA

George Louca, wat beskuldig word van die moord op die Teazers-baas, Lolly Jackson, in Mei 2010, beweer die Tsjeggiese sakeman Radovan Krejcir het Jackson doodgeskiet tydens ʼn argument oor geld, berig Sunday Times.

Volgens vyf beëdigde verklarings wat deur Louca ingedien is, het Krecjir vir Jackson doodgeskiet tydens ʼn dispuut oor R740 000.

Louca beweer Krejcir het Jackson geskop nadat hy die eerste skoot afgevuur het. “Jy wil weet wie ek is, ek sal jou wys wie ek is, jou f****n kokkerot,” het Krejcir glo geskree.

Louca beweer glo die probleme tussen die twee mans het begin nadat Jackson vermoed het dat Krejcir hom met R740 000 bedrieg het en dat daar ʼn vervalste kwitansie aan hom gegee is.

Louca is deur Ciprus aan Suid-Afrika uitgelewer om verhoor te word vir die moord op Jackson.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Drieks ·

Nou, Louka, hoekom bevestig jy toe eers jy is die moordenaar en vlug land uit… ???

Shirley van der Westhuizen ·

Louka het nooit gese dat hy Lolly vermoor het nie. Sy woorde was Lolly is so pas vermoor en toe vlug hy. Ek het altyd gese hy weet wie vir Lolly vermoor het en was bang hy word ook vermoor daarom het hy gevlug. Maar nou dat Krejcir hom nie in die hande kan kry nie het hy besluit om te praat.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.