Krejcir kla oor behandeling in tronk

Radovan Krejcir. Foto: Werner Beukes/SAPA

Radovan Krejcir. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die Tsjeggiese voortvlugtige Radovan Krejcir het Maandag in die Kempton Park-landdroshof verskyn.

Krejcir, wat glo onlangs uit aanhouding probeer ontsnap het, is onder streng veiligheidsmaatreëls die hof binnegebring. Hy het hand- en voetboeie aangehad en daar was ook ʼn opsporingtoestel om sy middel vasgebind.

Talle swaar gewapende polisiebeamptes het binne die hof wag gestaan. Krejcir diens tans 35 jaar tronkstraf uit vir poging tot moord, dwelmhandel en ontvoering. Hy het Maandag in die hof verskyn rakende sy uitleweringsaak.

Krejcir het in die hof gekla oor die behandeling wat hy in die Kgosi Mampuru-gevangenis in Pretoria ontvang.

Staatsaanklaer Johan du Toit het gesê hy sal Krejcir se klagtes met die hoof van die gevangenis opneem. Krejcir het aangedui dat hy na die Johannesburg-gevangenis geskuif wil word.

Krejcir het Maandag aan die hof gesê dokumente wat in sy besit was, is deur die owerhede gekonfiskeer. Volgens Krejcir is daar aan hom gesê die dokumente sal aan sy regsverteenwoordiger gegee word, maar dit het nie gebeur nie.

Frank Cohen, Krejcir se regsverteenwoordiger, het aan die hof gesê sy kliënt het ʼn psigiater gesien en dat hy medikasie voorgeskryf is wat hom lighoofdig en naar maak. Hy het glo ook selfmoordneigings en kry nagmerries. Volgens Cohen kry Krejcir nie die nodige bystand om die simptome te hanteer nie.

Die saak is tot 24 Januarie uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

D ·

Jy is ‘n misdadiger. Wat verwag jy. Vyfster behandeling. Hulle moet jou toe sluit en di sleutel weggooi.

Anel ·

Hy moet onthou dat hy nie in ‘n 5 ster hotel tuis gaan nie en dat hy’n misdadoget is. Kry vir hom.

Jakes ·

Voortvlugtig in sy land van herkoms, dien hier lang vonnis uit én kla oor behandeling? Hóe betaal hy sy regspan? Maar dalk mis hy sy buurman Oscar wat verskuif is na meer vriendelike tronk, Huisgenoot het die artikel geplaas.

ekke ·

Maroela media.
Wil net weet, is hy nog n voortvlugtige, of voormalige voortvlugtige? Hy is mos nou in aanhouding (gevangenis) en kan dus nie meer n voortvlugtige wees nie, of hoe het ek dit nou???

Landi Slatter ·

Dagsê ekke

Dankie vir jou navraag. Radovan Krejcir word steeds as “‘n Tsjeggiese voortvlugtige” beskou, aangesien hy nog nie in sy land van herkoms in die hof verskyn het op verskeie aanklagte nie en hy nie aan Tsjeggië uitgelewer is nie. Hoop dit klaar die verwarring op!

Groetnis
Landi nms Maroela Media

CHRISTA ·

Die nagmerries wat hy kry is seker sy sondes wat hom inhaal!! Hy moet onthou: DAARVOOR KAN JY NIE VLUG NIE!!!

piper ·

geen genade vir jou mnr, dwelmhandelaar nie. jy het baie lewens verwoes. asseblief pleeg selfmoord en spaar die staat baie geld

Liendempers ·

Sou hom lankal al uitgelewer het. Baie minder onkoste vir ons. Maybe is daar beter medisyne annerkant………

Rabes ·

Dit sal beter wees om hom uit te lewer minder koste vir ons. Onthou ook hy’s blank en ontvang swak behandeling . Is nie anc travante soos Shabir en kie nie

wilma ·

dis nonsens dat kriminele kan eise stel. Moes gedink het voordat hy met misdadigers gemeng het. Laat hy ma sit. Sy verdiende loon

J ·

Hy kry 35 jaar vir poging tot moord. Plaas moordenaars wat alreeds n boer vermoor het tussen 25 jaar en minder

EvW ·

Glo nie hy gaan gou uitgelewer word nie want daar hele paar “HOËS” wat geld gekry het by hom…… en as hy in anderland is gaan hy teveel praat Hier kan hulle hom nog betaal met ń mooi tronkkamertjie

Pendoring ·

Krejcir – It is spelled P.R.I.S.O.N. not H.O.T.E.L.
Kry vir jou, jy het hard “gewerk” om dit te verdien.

E.K. - ek sê net! ·

Daar’s hy Pendoring – nes jy sê (spel – ;D )! Het enige van die mense wat hy laat aanrand/vermoor het kanse gehad om te kla?! Dink daaraan jou misdadiger!

John ·

‘Post-truth’ behoort ons land se motto te word… of ‘Pos die waarheid’ in boere-afrikaans.

Johann ·

Wat my verstand te bowe gaan is dat die man so arrogant is en dink hy kan in SA kom en “tricks” trek kompleet soos in die “movies”. Wie dink die ou is hy? Genade tog!
Die regering moet hierdie ou deporteer.

Johann ·

En kan julle glo dat daar is mense wat glo die ou is onskuldig en het tot ‘n FB bladsy vir die ou

Giffie ·

En so het elke ou vlekkelose rein sielietjie nou n bekvol te se oor die knaap.Nou mnr en mev hoogheillig hys nou geinkarsereer so jou sin van waardes eindig nou daarmee? THE DECENCY OF A SOCIETY IS MEASURED IN THE WAY THEY TREAT THEIR WOMAN CHILDREN AND PRISONERS…maar ok ok jul leef in afrika mos waar julle oordeel maar toekyk hoe moorde daagliks gebeur want jul noem dit demokrasie……viva hipokrate viva.Behandel die man soos die grondwet voorskryf nie soos jou perverse siel daarna voel nie

Elize ·

Soos hulle sê, if you do the crime, do the time. Sorry boet, geen simpatie. Hy het dit moontlik lekkerder hier as wat in sy eie land gaan gebeur. Stuur die man terug, sommer met spoedpos

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.