Lt.genl. Solomon Makgale, woordvoerder van die polisie, sê Krejcir word nog altyd in die gevangenis se mediese fasiliteit aangehou.
“’n Hofbevel is uitgereik gedurende sy borgaansoek wat beveel dat hy by ‘n mediese fasiliteit aangehou moet word. Wanneer hy daar is ondergaan hy mediese ondersoeke.”
Die polisie het intussen ook bekend gemaak dat Krejcir vandag deursoek is en dat daar ‘n selfoon en Walka – DStv se klein draagbare TV-skerm – in sy besit gevind is en dat hy toegang tot radio en internet gehad het. Die items is op beslag gelê.
Die hooggeregshof in Johannesburg het in November die hofbevel uitgereik nadat Krejcir se regsverteenwoordiger aangevoer het dat hy nierversaking kan kry indien hy nie behandeling ontvang nie.
Piet du Plessis, Krejcir se regsverteenwoordiger, het vroeër Woensdag beweer dat Krejcir siek is. The Star het berig dat Krejcir glo ‘n hartaanval gehad het.
Lees ook:
Krejcir in hospitaal opgeneem
Siek ja, siek in sy kop !
En soms wonder ek. . . . Wie het vir Radovan Krejcir of misdadigers soos hy in ons Land nodig? Hoekom word hierdie omstrede krimineel so gepoelie en gepaai? Of het hy friends in high places wat saameet aan sy skandegeld?
Ek sal wag . . . want tyd sal leer!