‘Krejcir nie siek nie’; met selfoon betrap

Radovan Krejcir. Foto: Werner Beukes/SAPA

Radovan Krejcir. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die polisie ontken dat die Tsjeggiese sakeman Radovan Krejcir ‘n hartaanval gehad het en sê daar is ‘n selfoon en ander items in sy besit gevind.

Lt.genl. Solomon Makgale, woordvoerder van die polisie, sê Krejcir word nog altyd in die gevangenis se mediese fasiliteit aangehou.

“’n Hofbevel is uitgereik gedurende sy borgaansoek wat beveel dat hy by ‘n mediese fasiliteit aangehou moet word. Wanneer hy daar is ondergaan hy mediese ondersoeke.”

Die polisie het intussen ook bekend gemaak dat Krejcir vandag deursoek is en dat daar ‘n selfoon en Walka – DStv se klein draagbare TV-skerm – in sy besit gevind is en dat hy toegang tot radio en internet gehad het. Die items is op beslag gelê.

Die hooggeregshof in Johannesburg het in November die hofbevel uitgereik nadat Krejcir se regsverteenwoordiger aangevoer het dat hy nierversaking kan kry indien hy nie behandeling ontvang nie.

Piet du Plessis, Krejcir se regsverteenwoordiger, het vroeër Woensdag beweer dat Krejcir siek is. The Star het berig dat Krejcir glo ‘n hartaanval gehad het.

Lees ook:
Krejcir in hospitaal opgeneem

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

lorayne ·

En soms wonder ek. . . . Wie het vir Radovan Krejcir of misdadigers soos hy in ons Land nodig? Hoekom word hierdie omstrede krimineel so gepoelie en gepaai? Of het hy friends in high places wat saameet aan sy skandegeld?
Ek sal wag . . . want tyd sal leer!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.