Krejcir: Ontvoeringsaak begin

Radovan Krejcir. Foto: Werner Beukes / SAPA

Radovan Krejcir. Foto: Werner Beukes / SAPA

Radovan Krejcir, die omstrede Tsjeggiese sakeman, en vyf ander mans wat betrek word by die ontvoering en poging tot moord van ʼn man van die Oos-Rand, se verhoor begin Maandag in die Johannesburgse hooggeregshof.

Krejcir, Siboniso Miya, Desai Luphondo en ao. Samuel Modise Maropeng, George Jeff Nthoroane en Ian Jan Mofokeng word daarvan beskuldig dat hulle in Junie 2013 die broer van ʼn man, wat met 25kg tik verdwyn het, ontvoer en aangerand het. Die man, slegs bekend as “Doctor”, sou hulle glo help om die dwelms uit die land te smokkel. Die mans word daarvan verdink dat die hulle die broer by Krejcir se Money Point-besigheid in Bedfordview in Johannesburg vir vier dae lank aangehou en hom aangerand het. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.