Krejcir-saak na hooggeregshof

Polisiebeamptes hou 'n wakende oog buite die Alexandra-landdroshof waar Krejcir vandag verskyn het.  Foto: Werner Beukes / SAPA

Polisiebeamptes hou ‘n wakende oog buite die Alexandra-landdroshof waar Krejcir vandag verskyn het. Foto: Werner Beukes / SAPA

Die saak van sameswering om moord te pleeg teen die omstrede Tsjeggiese sakeman Radovan Krejcir en sewe ander verdagtes, is Vrydag in Alexandra-landdroshof uitgestel.

Die saak sal weer op 4 Julie in die hof aangehoor word sodat die staat die aanklagte teen die verdagtes kan aanpas, waarna die saak die hooggeregshof oorgeplaas sal word.

Krejcir, Siboniso Miya, Owen Serero, Zudumo Biyela, sers. Nandi Nkosi, Welcome Mafunda, Siphiwe Memela, en Mike Borislov Grigorov word daarvan verdink dat hulle saamgesweer het om kol. Nkosana “Killer” Ximba en Paul O’Sullivan, ʼn forensiese ondersoekbeampte, te vermoor.

Aanklagte teen Jacob Nare, wat aanvanklik saam met die groep aangekla is, is laat vaar en hy gaan ʼn getuie vir die staat word wanneer die verhoor begin. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.