Krejcir-saak uitgestel

Radovan Krejcir Foto: Werner Beukes, SAPA

Radovan Krejcir Foto: Werner Beukes, SAPA

Die verhoor van Radovan Krejcir, die omstrede Tsjeggiese sakeman, en vyf ander mans wat betrek word by die ontvoering en poging tot moord van ʼn man van die Oos-Rand, is Maandag in die Johannesburgse hooggeregshof uitgestel.

“Die saak is tot 8 Mei uitgestel weens die regter wat nie beskikbaar was nie,” het Nathi Mncube, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), gesê. Hy sê die nuwe regter wat die saak sal aanhoor is eers Donderdag beskikbaar. Krejcir en sy medebeskuldigdes het onder streng polisiebewaking in die hof verskyn.

Krejcir, Siboniso Miya, Desai Luphondo, ao. Samuel Modise Maropeng, George Jeff Nthoroane en Ian Jan Mofokeng word daarvan beskuldig dat hulle in Junie 2013 die broer van ʼn man, wat met 25kg tik verdwyn het, ontvoer en aangerand het. Die man, slegs bekend as “Doctor”, sou hulle glo help om die dwelms uit die land te smokkel.

Die mans word daarvan verdink dat hulle die broer by Krejcir se Money Point-besigheid in Bedfordview in Johannesburg vir vier dae lank aangehou en hom aangerand het. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.