Krejcir-vennoot wil glo skuif oor dieetvereistes

Radovan Krejcir, Woensdag in die Palm Ridge-streekshof. Foto: Werner Beukes / SAPA

Radovan Krejcir, Woensdag in die Palm Ridge-streekshof. Foto: Werner Beukes / SAPA

Owen Serero, wat vermoedelik gekoppel word aan die poging tot moord op die ondersoekbeamptes in die saak teen Radovan Krejcir, het Maandag versoek om na Johannesburg Sentraal oorgeplaas te word weens dieetvereistes, het die SAUK berig.

Tshega Ntaki, vir Serero, het in die Johannesburgse landdroshof versoek dat sy kliënt uit die polisiestasie in Pretoria teruggeskuif moet word na Johannesburg Sentraal. Ntaki sê die kos in Pretoria voldoen nie aan Serero se dieetvereistes nie. Landdros Simon Radasi het die versoek afgekeur, aangesien die beskuldigde nie ʼn mediese probleem het om spesiale kos te versoek nie.

Radasi het tydens sy vorige verskyning beslis dat Serero na die polisiestasie oorgeplaas moet word, nadat die ondersoekbeampte, Sifiso Xulu, aan die hof gesê het hulle sukkel om die verdagte in Johannesburg in die hande te kry, aangesien hulle nie toegang het tot die fasiliteit nie. Die hof het ook gehoor dat Serero in aanhouding met vyf selfone en twee ystersae betrap is.

Serero staar drie aanklagte van diefstal, twee van die besit van onwettige vuurwapens en ammunisie, drie van motordiefstal, een van die oortreding van die verkeerswet, een van die inmenging in ʼn ondersoek en een van ontsnapping uit aanhouding in die gesig. Hy was ook deel van die groep wat in hegtenis geneem is in verband met die poging tot moord op die ondersoekbeamptes in Krejcir se saak.

Die saak is uitgestel tot 2 Junie vir verdere ondersoek. Volgens die berig het die hof gehoor dat die staat uitstel versoek, aangesien hy nog wag vir die uitslag van die DNS-monsters wat na die forensiese laboratorium gestuur is. -SAPA

Lees ook:
Sewende Krejcir-vennoot aangekeer
Nóg ‘n klag teen Krejcir
Saak teen Krejcir se vrou en seun uitgestel
Krejcir-verdagte het ystersaag by hom in aanhouding
Krejcir se vrou en seun in hof
Krejcir se vrou vrygelaat
Polisie soek glo ook Krejcir se seun
Krejcir se vrou in hegtenis geneem
Krejcir se borgaansoek uitgestel
Radovan Krejcir weer in hof 
Krejcir en kie in die hof
Krejcir-saak hervat
Vyfde verdagte vas oor komplot om Krejcir-ondersoekers te vermoor
Krejcir-saak: Ondersoeker het glo inligting verkoop
Krejcir se aansoek om verlof tot appèl geweier
Krejcir-saak: Name van beweerde moordkomplot-ondersoekbeamptes bekend gemaak
Hof lewer uitspraak oor Krejcir-aansoek
Uitspraak in Krejcir-aansoek verwag
Krejcir ‘geskik’ vir borg hoor hof
Krejcir-vennoot se pa tot die dood gemartel
Krejcir-vennoot se borgtog-aansoek wéér afgekeur
Geen borgtog vir Krejcir
Krejcir en kie het glo staatsaanklaer gedreig
Krejcir-borgtogverhoor hervat
Krejcir-hofsaak: Bykomende verklaring afgekeur
Krejcir-saak: “Staat het geen saak teen Valke”
Krejcir-verhoor: Hof weier om bekentenis vry te stel
Krejcir en kie hoor vandag dalk oor borg
Krejcir hoor dalk môre oor borg
Krejcir “hier om te bly”; dwelmtransaksie het glo skeefgeloop
Krejcir beaam polisie-marteling; Luphondo glo ook aangerand
Krejcir-borgtogverhoor na hoër hof geskuif
Krejcir en kie terug in hof
Só het hulle om Krejcir geval
Krejcir-moordverdagte vrygelaat
Agliotti het óók geld geleen by Krejcir
Polisieman wat geld by Krejcir leen, het nie bedank – Valke
Duitse ‘vriend’ van Krejcir ook vas
Krejcir: Valke-hoë vas
Foto’s: Krejcir Maandag by die hof
Krejcir-saak uitgestel
Krejcir moet na hospitaal oorgeplaas word
Krejcir-verhoor agter geslote deure; Opod ondersoek “aanranding”
Krejcir vertrou glo nie staatsdokter
Hof gaan sê oor Krejcir
Krejcir-inhegtenisneming ‘n “reuse deurbraak”
Krejcir-prokureurs weet nie waar hy aangehou word nie
Radovan Krejcir in hegtenis geneem
Polisieman van Oos-Rand het Krejcir-lening aangegaan
Krejcir se ma loof groot beloning uit
Krejcir-werknemer in die hof
“Ek vrees vir my lewe” – Krejcir
Beeld-fotograaf moes foto’s uitvee
Krejcir swyg oor Bedfordview-ontploffing
Bom by Krejcir-onderneming eis twee
Nóg ‘n Krejcir-vennoot doodgeskiet
Krejcir-moordkomplot: Teenstrydighede in bewyse
Bedfordview-man by verkeerslig doodgeskiet; Krejcir ontken verbintenis
Krejcir-moordkomplot: Beskuldigde in hof
Krejcir-uitleweringsverhoor weer uitgestel
Krejcir weer in die hof
Krejcir se vermeende aanvaller dalk veiliger agter tralies
Krejcir se winkel beroof
Foto’s: Krejcir oorleef bisarre sluipmoordaanval

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ria Maritz ·

Landdros Simon Radasi, ek ken jou nie, maar respekteer jou besluit ! Pragtig !

Oom Clive Derby-Lewis se lewe is in gevaar, en hy kon sy lewe verloor het met die laaste aanval – hoe lank word daar gepleit vir ordentlike mediese behandeling – dan kom hierdie Serero-skurk, EN DRING AAN OP ANDER KOS ?!?!?

Man, my bloed kook ! Gee hom opgekookte kool en mieliepap – 2 maal per dag. Die vermetelheid gaan my verstand tebowe. Die tronk is NIE veronderstel om ‘n 5-ster hotel te wees met ‘n 5-gang maal nie !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.