Krejcir wil glo ooreenkoms aangaan

Radovan Krejcir. Foto: Werner Beukes/SAPA

Radovan Krejcir. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die Tsjeggiese voortvlugtige Radovan Krejcir is glo gereed om ʼn staatsgetuie te word en hooggeplaaste polisiebeamptes wat glo by sy kriminele ondernemings betrokke is te ontbloot.

Dit het vandag aan die lig gekom toe AfriForum sy teenkorrupsie-eenheid in samewerking met Paul O’Sullivan, forensiese speurder en gesertifiseerde bedrogondersoeker, tydens ʼn mediakonferensie in Centurion bekendgestel het.

Krejcir en sy medebeskuldigde, Desai Luphondo, is in Februarie tot 35 jaar tronkstraf gevonnis nadat hulle skuldig bevind is op aanklag van ontvoering, poging tot moord en die poging om dwelmmiddels te bekom. Krejcir se ander medebeskuldigdes, voormalige Valke-werknemers Samuel Maropeng, Jan Mofokeng, George Nthoroane en Siboniso Miya is elk tot 15 jaar tronkstraf gevonnis. Krejcir se appèlaansoek teen sy vonnis is kort hierna van die hand gewys.

O’Sullivan het Woensdag tydens die mediakonferensie ʼn brief openbaar gemaak waarin Krejcir se regsverteenwoordiger, Eric Bryer, aanvoer sy kliënt wil skuldig pleit op die aanklagte in uitstaande sake teen hom en dan staatsgetuie word.

“My instruksie is dat my kliënt skuldig wil pleit indien hy ʼn gelyklopende tien jaar tronkstraf opgelê word ten opsigte van elke oortreding,” lui die brief wat aan adv. Andrew Chauke, direkteur van openbare vervolging in Suid-Gauteng, gerig is.

In die brief, gedateer 4 Oktober 2016, voer Bryer aan dat Krejcir ook vrywillige uitlewering vereis in ruil vir die inligting oor korrupte polisiebeamptes. Bryer en Chauke kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Cherokee ·

Die Tsjeg (voortvlugtige? Hy vlug nie meer nie maar is gevang) wil skuldig pleit en staatsgetuie word en sal skinder oor sy mede-skelms wat in polisiediens is as hy afslag kry op sy vonnis.
Is daar dan geen lojaliteit tussen skelms nie?!

Wimpie ·

Iemand wat in aanhouding is, is nie ‘n voortvlugtende nie! Dit is per definisie ‘n misdadiger wat nog op vrye voet is.

Takkie Takuuza ·

Ok julle slim ouens, dit sluit nou die Piper in. Die knaap is voortvlugtig in sy land van herkoms en is nog nie daar op eie bodem opgesluit nie. Net soos Dirk Prinsloo in SA steeds voortvlugtig is terwyl hy in ‘n Russiese tronk sit.

AJ ·

Dit kan nice wees om te hoor wie is almal op sy payroll. Hpop hulle koppe waai.

Hendrik ·

Lyk my die kat is in die duiwehok losgelaat!! Sal maar sien wie spring almal daaruit!!

Wimpie Snyders ·

Iemand wat in aanhouding is, kan nie ‘n voortvlugtende wees nie!

Boetman ·

Hierdie ou se ma was nie ‘n kalkoen nie. Hy wil aan sy tuisland uitgelewer word – waar hy klaar ‘n klompie handlangers van die regering in sy sak het.
Laat hy eerder sit. Ons weet die SAPS het baie vrot appels – hy kan niks nuuts ophaal nie.

Sam ·

Hy gaan langer sit in sy geboorteland as hier..Dit maak mos nou nie sin nie.. Hier kom ‘n holywood movie ontsnap storie! watch this space:P!

Uiltjie ·

Bedoel “voortvlugtige” nie hier DAT hy vanaf sy land weggehol het en her kom skuiling soek nie? Dan is hy mos n voortvlugtige van sy land?

Landi Slatter ·

Dagsê Uiltjie

Dankie vir jou navraag. Radovan Krejcir word steeds as “‘n Tsjeggiese voortvlugtige” beskou, aangesien hy nog nie in sy land van herkoms in die hof verskyn het op verskeie aanklagte nie en hy nie aan Tsjeggië uitgelewer is nie. Hoop dit klaar die verwarring op!

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.