Krieket SA is haastig met kwotas

Argieffoto

Argieffoto

Suid-Afrikaanse krieket-franchises gaan in die nuwe seisoen gedwing word om ses spelers van kleur en minstens drie swart spelers op die veld te plaas vir alle kompetisies, het Krieket SA (KSA) Saterdag gesê.

Spanne wat in alle semi-professionele wedstryde deelneem, sal vereis word om ook minstens ses spelers van kleur en ʼn minimum van drie swart spelers op die veld te plaas.

Die veranderinge beteken dat die transformasiedoelwitte vir bruin, Indiër en swart spelers met een sal verhoog wanneer dit met die huidige seisoen vergelyk word, terwyl die status quo gehandhaaf word vir semi-professionele kompetisies.

Die proses van die besluit om die rassekwotas te verhoog is deur die Suid-Afrikaanse krieketspelersvereniging (Saca) veroordeel weens die kort kennisgewing deur KSA. Tony Irish, uitvoerende hoof van Saca, het vroeër vandeesweek aan ESPNcricinfo gesê hy is ontevrede met KSA se gebrek aan konsultasie oor die saak voordat hulle die besluit geneem het.

“Saca het ʼn ooreenkoms met KSA wat betref die proses wat gevolg moet word wanneer veranderinge aan die getalle aangebring word en dit vereis ʼn drie maande konsultasieproses met Saca en die franchises voordat sulke besluite geneem word,” het Irish gesê.

Haroon Lorgat, uitvoerende hoof van KSA, het egter gesê sover hy weet het Saca geen probleem gehad met die transformasieteikens nie, slegs die kort kennisgewing. “Hy [Irish] veroordeel die proses wat ons gevolg het om die aankondiging te maak,” het Lorgat gesê. “Die raad het Vrydag twee weke gelede in sy gesprek besluit om nou weer die hervorming of transformasieteikens in te stel. Dit is moontlik waarmee Tony ʼn probleem het.”

KSA se raad van direkteure het ook bekend gemaak dat hy ʼn eenmalige subsidie van R350 000 per franchise beskikbaar sal stel vir die koste om ʼn bykomende swart speler te kontrakteer. Dit is ontwerp om franchises, wat moontlik reeds spelers vir die 2015/16-seisoen gekontrakteer het, te help en sal nie in toekomstige seisoene herhaal word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Anton Smit ·

Christa hulle kom daarmee weg omdat die wittes nie kan saam staan en die sport soorte te boikot nie en dan saam staan en ons eie ding te doen nie laat ons kan sien waar hulle kaartjie verkope vandaan sal kom nie.

Peet Schabort ·

Stem saam Anton. Los hulle dat hulle aangaan met hulle truuks. Ons moet net doodeenvoudig wegbly by hierdie sportsoorte en hul koffers sal leegloop.
Bly net weg, dit is so eenvoudig soos dit.

chris ·

Wanneer gaan die witmense besef om hierdie sporte te ondesteun hulle werklik Jongmense weerhou van hulle potensiaal?
Peet jy is reg ,dit is eintlik eenvoudig.
Bly weg.Ondersteun die volkseie sport.

Johan ·

Ons moet maar daarmee vrede maak (omdat die stemme teen ons is agv ras) dat ons NOOIT weer ‘n Wêreld Beker in Krieket of Rugby gaan wen a.g.v. die kwota stelsel nie. Aan al die huidige EN VERAL TOEKOMSTIGE AB’s, Faf’s etc, manne gaan verdien julle geld oorsee, ons hier by die huis sal die TV’s afsit en die wedstryde boikot soos van die vorige kommentaters geseê het, dan sal ons sien waar kom die geld vandaan om die nie-waardige spelers mee te betaal.

Ian ·

Gaan gerus voort met hierdie kamstige transformasie. As mense dan ophou om so baie tyd & geld te mors (voor die tv & op die stadions) het hulle dalk meer tyd om agter te kom wat werklik om hulle aan die gebeur is. Miskien skrik almal dan wakker & soandeer eerder daardie tyd & geld om saam te staan. Mandela het nie verniet gesê dat sport n wonderlike doek voor die oë is nie.

jacques ·

Stem saam met jou ja mense het Zombies geraak voor tv.Ek kyk al vir jare geen tv nie en sien die lewe nou in n ander lig as in die verlede.

scalla ·

Hoekom kom sokker nooit onder bespreking nie, klomp morone.

ig ·

Die jaloesie op alles wat suksesvol gedoen word loop baie diep.Skole,Feeste,Besighede,Sport,ens ens.

Victor Correia ·

Hartseer van die saak is dat daar reeds soveel skade deur kwotas gedoen is. Ek wil selfs so ver gaan om te sê dat dit moontlik vir ons die krieketwêreldbeker gekos het. Waar is Albie Morkel? Sou hy nie meer geskikte 5de bouler en kolwer gewees het nie. Daar is egter verskeie ander Albie Morkels op plaaslike vlak wat deur die maatreëls geraak kan word.

J.Z ·

En daar is gedink en veroordeel dat John Voster interfeer het met sport,hy was soos n “dingkey toy”teen die ANC regering wat nou al meer as sestig rasgedreewe wedte op die wedboek het.maar almal weet dat hulle nie n pkek kan verdien nie maar Wedte maak sodat hulle die sport kan oorheers.

Linda Olivier ·

Maar na die sokker word daar nooit gekyk nie wil jy vir my se in nie een sokker klub is daar ‘n paar witspelers nie?? Hoekom word die Rugby en Krieket altyd onder die loep gestel om te kyk wie is in en wie nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.