Krieket: Suid-Afrika is glo Plan B vir IPL

Indiese Premierliga (IPL) in Mumbai (Oktober 2020) (Foto: Indranil Mukherjee/AFP)

Indiese krieketbase sal alles moontlik doen om vanjaar se Indiese Premierliga (IPL) in Indië aan te bied, maar hulle werk ook aan ʼn Plan B as Covid-19 ʼn stokkie daarvoor steek. As die onverwagse gebeur, kan Suid-Afrika weer soos in 2009 die kleurvolle toernooi hier aanbied. Daardie toernooi word steeds as ʼn reuse-sukses beskou.

Die organiseerders en IPL-konsessies het gister vergader. Volgens berigte begin die toernooi op 27 Maart en sal tot einde Mei duur. Twee nuwe spanne, Ahmedabad en Lucknow, neem aan vanjaar se toernooi deel.

Amptelike verklarings oor die vergadering tussen die organiseerders en spanne praat nie oor Plan B nie. Dit word wel duidelik gemaak dat almal se eerste keuse is dat die toernooi in Indië plaasvind. Mumbai en Pune sal dan gasheer speel.

Die toernooi is in 2020 en ʼn deel daarvan in 2021 in die Verenigde Arabiese Emirate aangebied. Dit is steeds ʼn opsie wat deur sommige spanne ondersteun word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Marius ·

Na al die herrie wat nou in krieket aangaan kyk ek eerder snoeker…

Harley Davidson ·

Jy bedoel eintlik die diskriminasie en ongrondwetlike diktatorskap

Esme ·

Is dit nou Plan B of Plan ANC? Wie gaan wie nou weer verryk?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.