Krieketbaas se ouers toegesluit oor maskers

Oudprofessore Corinne en Herman Strydom is in hegtenis geneem omdat hulle sonder maskers gaan stap het. (Foto: Verskaf)

Twee oudprofessore van Potchefstroom in Noordwes is Vrydagmiddag in Durban-Noord in hegtenis geneem omdat hulle sonder hulle maskers gestap het.

Proff. Herman Strydom (71) en sy vrou, Corinne (67), het verlede week by hul seun, Heinrich, baas van die Dolphins-krieketspan, en sy vrou, Gerna, gekuier om hulle kleindogter, Leah, te ontmoet. Leah is drie weke gelede gebore en is die egpaar se eersteling.

Herman vertel aan Maroela Media dat hy en sy vrou Vrydagmiddag ’n entjie in ’n “stil straat” gaan stap het. In gedagte, sê hy, het hulle nie hul maskers aangehad toe polisie hulle op die hoek van Old Mill- en Adelaide Tamboweg voorkeer nie.

“Daar was nie ’n mens in sig nie. Skielik het ’n polisievoertuig langs ons stilgehou en twee vroue het uitgeklim. Hulle het gevra waar ons maskers is.

“Ons het dit dadelik uit ons sakke gehaal en opgesit,” sê Herman.

Hy sê die polisiebeamptes het egter nie in ’n verduideliking of verskoning belanggestel nie.

“Ons is in ’n vol vangwa ingebondel en na die polisiestasie geneem.

“Ek het kalm gebly want het geweet dat dit nie sou help om ons teë te sit nie. Ek was egter baie ontsteld.”

Volgens Herman was die vangwa uiters vuil en daar was geen sosiale afstand nie.

Boonop loop die Strydoms weens hul ouderdom ’n verhoogde risiko sou hulle die koronavirus opdoen.

By die polisiestasie is Herman saam met ander mans in ’n sel geprop terwyl Corinne in ’n kantoor moes sit. Corinne het daarin geslaag om foto’s te neem en haar seun te kontak voordat polisiebeamptes haar selfoon gevat het.

“Jy kan sommer sien daai selle was in 100 jaar nog nie skoongemaak nie,” sê Herman.

Hy vertel dat hulle bykans vier uur, van 14:00 tot ongeveer 17:30, aangehou is. Weens ’n kragonderbreking kon hulle nie die vrylatingsfooi betaal nie en moet hulle later die maand terugkeer Durban toe om in die hof te verskyn.

Die Strydoms saam met hulle seun Heinrich, baas van die Dolphins-krieketspan in Durban-Noord. (Foto: Verskaf)

“Dit was ’n baie slegte ervaring en nou lê dit ook nog voor,” sê Herman.

Die egpaar sê dit gaan egter baie goed met hulle en dat hulle darem al oor die gebeure lag.

“Wat kan ’n mens anders doen as lag?” sê Heinrich.

“Ek is dankbaar dat die nagmerrie-ervaring nie erger uitgedraai het nie en dat my ouers die situasie as ’n avontuur kon beleef – met ’n baie goeie sin vir humor.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

88 Kommentare

tweeling ·

As die wet sê jy is verplig dan moet jy maar gehoor gee, ek dink egter die polisie beamptes wou van hulle ‘n voorbeeld maak.

Genis ·

Ou mense alleen op straat wat saam loop? Asseblief… dit was onmenslik

Piet ·

Was niks minder as koggel-perade deur Polisie nie.
Die “Lockdown” is slegs in plek om te maak soos hulle wil. En as bietjie verstand gebruik was sou dit eenvoudig wees dat (as hulle alleen was) hulle geen gevaar vir enigeiemand inhou nie, en toe word hulle in ‘n gevaarlike situasie gesit waar geen distansieering in plek was nie. En as jy tegnies wil raak, watter reel is nie gebreek nie. Hoekom is maskers en sosiale distansieering van krag in die openbaar, maar nie in ‘n vangwa nie.

Linx ·

Haai nee alles kan darem nie regverdig word deur “rassisme” nie,die wet is carved in stone,almal word verplig om n masker te dra,ja die beamptes was onnodig,die situasie kon beter uitgeklaar word……maar om te se ds rassisties klink no regtigwaar soos n EFF reaksie of iemand met n graad deur mancosa

Misky ·

Natuurlik is dit rassisties Linx. Wanneer laas was jy in Durban Noord? Daar is derduisende mense sonder maskers en hoeveel sien jy word inhegtenis geneem? Niemand nie en hierdie geval boonop in stil straat en amper geen ander mense nie

Linx ·

Hoe is dit rassisties……..So as ek n dronk tannie of oom kry moet ek hulle laat gaan want dit gaan rassities voorkom as ek hulle toesluit,ds lagwekkend hoe j redeneer,want netsoos dronkbestuur teen die wet is is failure to not wear a mask in public ook onwettig,of ek nou hou van my president of nie wat hy se is wet……ekt gese dat die “eie deskresie”wat die beamptes gebruik het was onnodig,maar in hemels naam neeeee nie rassisties nie

Piet ·

As die vangwa leeg was met niemand agter nie, dink ek die reel was toegepas volgens die “boek” maar met mense agterin is die doel van die reel nie regtig reg toegepas nie. Hulle het die reel gebreek, maar niemand se lewe in gevaar gestel nie, en toe in ‘n situasie gesit waar almal ‘n risiko gedeel het. En daai situasie breek ook reels, maar Polisie kan mos maak soos hulle wil. Net beapmtes wat onmenslik is doen sulke goed teenoor mense waarvan hulle nie hou nie.

Tiptol ·

Die punt is, die arristasies word nie deur die bank op alle rasse toegepas nie. Dit maak dit rassisties. Dink bietjie wyer.

Hoekom ·

@Linx

“While it is law that such coverings must be worn, some people appear to be ignoring this requirement. Because no offences for failing to do so have been defined in the regulations, strictly speaking, no-one may lawfully be arrested or prosecuted for such failure. A law enforcement official may however instruct a non-compliant person to either put on such a covering in his or her presence or go home. Failure to do so would constitute the offence of failing to comply with the instructions of a law enforcement official, which is an offence.”

Genis ·

Die bewoording van die regulasie is baie duidelik. As jy nie ‘n masker dra nie en ‘n Polisie beampte beveel jou om dit aan te sit EN JY WEIER DAN OM DIT TE DOEN kan hulle jou arresteer. Daar moet eers ‘n “hoorbare”bevel/ opdrag” aan jou gegee word om dit op te sit. Jy oortree eers die regulasie AS JY DIE BEVEL verontagsaam. Dit was dus ‘n onwettige arrestasie.

Tiptol ·

Gaan na enige Builders Wharehouse en kyk hoe dagloners staan en gesels sonder maskers.

Retha ·

Beslis, sien honderde anders kleuriges wat in straat loop sonder maskers. Vrydag in George se hoofstraat 8n optog met polisie begeleiding omtrent helfte van optog sonder maskers

Anel ·

MISDAAD, regte misdaad fier hooggety maar die polisie hou hulle op met onnuttighede!!( Ek sit ook my skerm op slegs as ek ‘n winkel binne gaan.) Dis geen wonder hierdie land is soooo in sy kanon nie.

Deon ·

Is n skerm “wettig”, is daar nie n “wet” wat vereis, lapmasker met 3 lae nie?

Anel ·

Ja, dis wettig. Jou neus en mond moet gli toe wees. En wys vir my hoe is papier 3 lar? Ek kan nie daai goed dra nie, in elke geval. En skerm is baie meer higiënies. Daar word kort-kort aan die ander goed gevat. Nie aan die skerm nie.

Anoniem ·

Belaglik! Die Polisieman kon net stilhou en vir hulle gevra het om asseblief hulle maskers op te sit of om terugtegaan huis toe watn dit teen die reêls om sonder maskers te loop. Der duisende van die landsburgers loop daagliks sonder maskers en hul kom niks oor nie. Daar bestaan so ‘n iets soos menslikheid alhoewel die mede landsburgers nie weet wat dit beteken nie.

Moedeloos ·

Presies wens daai polisie vrou kon vanoggend hier op ons dorp gewees het dan sou sy sien hoe mense sonder masker en op mekaar voor die loansharks se plekke staan.

Mallie ·

Jy is nie verplig om n masker te dra nie. Onthou jou mense regte.

Janine ·

Jy IS verplig om een in die publiek te dra. Volgens syrupy cyril is dit krimineel om sonder een in die publiek te verskyn. Ek stem nie saam met hoe dit hanteer is nie, maar moenie valse info deel nie. Ons mense moet tog al weet dat ons spesifiek geteiken word om voorbeelde van te maak.

tweeling ·

Ek het nuus vir jou, jy is verplig sodra jy in die openbaar is dws buite jou erf, dit is in die staatskoerant gepubliseer

ES ·

Ongelukkig is dit wetgewing – in die staatskoerant geplaas en die regering het ongelukkig die mag om jou regte te beperk tydens ‘n pandemie.

Menseregte word deur die regering opgestel en ingestem i ndie parlement – dit word op diselfde wyse beperk. Die enigste mensereg wat nie beperk mag word nie is jou reg op lewe.

Johan D ·

The wearing of a face mask is mandatory for every person when in a public place. excluding a child under the age of six years.

Robert ·

Die “wet” is ‘n regulasie gebaseer op swak wetenskap. Twee mense van dieselfde huis wat buite loop sonder maskers is geen gevaar nie. SAPS het soos Stazi opgetree.

Francois Le Cochon ·

Almal word deur wetgewing verplig om maskers te dra, en die wet geld ook vir pensioenarisse.

Johannes ·

So ver ek weet is dit nie nodig vir n masker buite geboue solank dit net nie n byeenkoms is nie. Iemand wat dalk weet help hier?

piet ·

Dis tans ‘n kriminele oortreding om nie ‘n masker in enige openbare ruimte te dra nie.

Lorna ·

O gids fritz sal nou maar elke oggend masker opsit as ek stray katte langs my huis gaan kos gee
Dit was net sodat hul kan wys hulle mag

Toy ·

Dit is belaglik as jy my vra. Hul kon hul net gevra het om maskers op te sit om iemand in ‘n wa te sit en toe te sluit tussen ander wat nou dalk Covid het is ‘n groter risiko.

Filistyn ·

Dit is presies die mikpunt. Laai hulle saam ander mense in en later word gesê jy het Covid omdat jy alleen op straat was sonder jou masker. Met jou masker gaan jy mos nooit Covid kry nie, al was jy ingeprop tussen klomp mense. Dit is tyd dat die polisie hulle prioriteite opgradeer.

Estelle ·

Die polisie moet bietjie n draai in Noordhoek, Velddrif ry – daar word GEEN maskers hoegenaamd gedra nie. (Die polisie ry sekerlik daar rond maar sien bloot niks raak nie.)

Patch ·

My man ry gereeld verby nie-blanke woongebiede en daar loop 70% sonder maskers rond en die strate/paaie is vol mense. Laat mens wonder of Covid diskrimineer teen ons blankes? (tong in die kies)

Jr ·

Dit is n goed gekende feit dat as u stap vir oefen hoef u nie n masker op te hê nie. Solank u nie ander in gevaar sit nie

Misky ·

As hulle dieselfde reels vir almal wil geldig maak, sal hulle BAAAIE vinnig nog tronke en aanhoudingselle moet bou. Dan moet hulle met trokke en nog trokke en baie waens kom as hulle almal wil inhegtenis neem wat nie maskers in publiek dra nie. En nou verwys ek net na Durban. Wat nog van die res van SA?

Jr ·

Exercise on Level 2:

In addition to exercise as under Level 3 the following places will be open subject to all persons wearing face masks and strict adherence to all health protocols and social distancing measures:

(i) fitness centres and gyms, further subject to a limitation of 50 persons or less;
(ii) sports grounds and fields;
(iii) swimming pools, further subject to a limitation of 50 persons or less;
No mention of masks while walking or cycling or running

Hoekom ·

“While it is law that such coverings must be worn, some people appear to be ignoring this requirement. Because no offences for failing to do so have been defined in the regulations, strictly speaking, no-one may lawfully be arrested or prosecuted for such failure. A law enforcement official may however instruct a non-compliant person to either put on such a covering in his or her presence or go home. Failure to do so would constitute the offence of failing to comply with the instructions of a law enforcement official, which is an offence.”

Vir al die beter weet mense in die kommentaar forum…

Volgens RSA wet, is hulle dan onwettiglik gearresteer…

piet ·

Nee hulle is wettiglik gearresteer. ‘n Nuwe regulasie is vanaf 1 Februarie van krag. Jy MOET ‘n masker in enige openbare area dra of ‘n polisiebeampte jou beveel of nie maak nie saak nie. Dis ‘n kriminele oortreding as jy nie ‘n masker op het in ‘n openbare area nie.

Hennie ·

Hier is ‘n klomp masker polisie in die kommentaar seksie vandag.

Bella ·

Onaanvaarbare optrede van die polisie. Daar was niemand anders in die straat nie, hulle het niemand in gevaar gestel nie. Die polisie het hulle wel in gevaar gestel. Daar moet optrede wees teenoor polisie lede wat hulself so swak gedra. Hulle is baie swak opgelei as hulle nie eers vir hulle self kan dink, wat nogg te sê redelike optrede nie.

Ovelia ·

Hoe kan jy lag dazroor. Ons wret mos ons mut di goed dra. Wens jul kan in Parys kom kyk hoeveel dra dt nie. Ek dink die tronk sal oorvol wees. Mense mut besef hul stel ander in gevaar

Carina ·

Die wet sê jy moet ‘n afstand van 1.5 tot 2m van ander mense af bly. Indien daar niemand naby jou is nie, is daar dan geen rede om jou masker te dra nie, want daar is niemand wat jou kan aansteek of vir wie jy kan aansteek nie. Dis absoluut belaglik dat die 2 mense so behandel is. Hulle het reg opgetree deur hul maskers op te sit toe die polisie hulle konfronteer. Maar die polisie het GEEN reg gehad om hulle te arresteer en dan boonop in ‘n vol vangwa te prop nie. Kla hulle aan!!!

Richardt ·

Dit Carina, wat jy hierbo sê, is die waarheid wat voortspruit uit logika.
Logika blyk egter deesdae ‘n skaars kommoditeit te wees en absoluut onverkrygbaar in die wetstoepassingsomgewing!
Hoe daar soveel van ons mense is wat oogklapties en selfs verskonend kyk na die magsvergrype en rassisme wat teen ons mense gerig word ten einde ons te intimideer, is onbegryplik..
Dit lyk soos ‘n verwronge vorm van Stockholm Sindroom.

Saartjievandiebosveld ·

Tiepies. ..geen mens in sig…en buite….wie gaan nou vir wie met Covid aan steek.
Nou word die 2 mense in ‘n oor vol sel geboender…vuil…geen afstand…wie gaan nou vir wie met Covid aansteek…ek vra maar net

MT ·

Beste Maroela Media & enige ander regskenner wat sy/haar sout werd is: watter ‘wet’ verplig die dra van ‘n gesigsmasker in die RSA? Waar kan ek meer oor hierdie ‘wet’ lees? Wat is die strawwe verbonde aan die minagting van hierdie ‘wet’? En wanneer het die Staat hierdie ‘wet’ gebruik om skuldiges suksesvol in howe te vervolg?

Of is dit eintlik maar ‘n Prez en sy party wat so voorskryf, en ‘n burgery wat steleselmatig van regte gestroop word?

Ek luister sommer by die radio.

piet ·

Dis die “Disaster Management Act”. Die regulasies word gereeld aangepas. Jy kan die Wet aflaai, google net die naam.

Richardt ·

Laas toe ek gekyk het moes almal ‘n masker in die openbaar dra. Die bewoording van die vereiste het egter bepaal dat as die polisie jou sonder ‘n masker in die openbaar kry, moet hul jou beveel om jou masker op te sit. Slegs as jy dan sou weier, kon hul jou arresteer.
As hierdie benadering verander het, sou dit goed wees as ‘n kundige ons sodanig inlig…
Wat ookal die geval is, as daar gepoog word om lewens te red deur sosiale afstand en maskers af te dwing, dan is die gedrag van die spesifieke polisie beamptes ‘n testament van hul absolute gebrek aan begrip vir die gevolge van hul aksies:
Om twee oumense wat volgens die ‘wetenskap’ uiters vatbaar en weerloos sou wees teen die VIRUS, te arresteer waar hul in ‘n oop spasie sonder ander mense in die nabyheid wandel, en hul dan toe te sluit, eers in ‘n vol vangwa en dan in selle, met geen sosiale spasie nie, is niks anders as rasgedrewe intimidasie nie en ook ‘n direkte bedreiging van die gesondheid van die twee oues!

johan ·

Die bewoording van die regulasie is baie duidelik. As jy nie ‘n masker dra nie en ‘n Polisie beampte beveel jou om dit aan te sit EN JY WEIER DAN OM DIT TE DOEN kan hulle jou arresteer. Daar moet eers ‘n “hoorbare”bevel/ opdrag” aan jou gegee word om dit op te sit. Jy oortree eers die regulasie AS JY DIE BEVEL verontagsaam. Dit was dus ‘n onwettige arrestasie.

Richardt ·

Dis hoe ek dit ook verstaan!
Die polisie het dus ‘n onwettige arrestasie gepleeg en dit sou hul met geen swart ou egpaar in dieselfde omstandigheid doen nie!
Dus: Suiwer rassisme en intimidasie en terselfdertyd ‘n direkte aanslag teen die gesondheid van die twee oumense!

ES ·

Ek wonder hoeveel mense in die informele nedersettings het hulle al gearresteer wat tussen mekaar loop sonder maskers?

Oom Hennie Pennie ·

‘n Geval van uiterste rassisme. Maskers nie nodig in die buitelug en geen byeenkoms nie

Francois Le Cochon ·

Regulasie 47 soos gewysig op 1 Februarie 2021 stipuleer dat die dra van ‘n masker in die openbaar verpligtend is. Voor die wysiging was dit slegs ‘n oortreding as jy nie gehoor gegee het aan ‘n wettoepassings beampte nie. So, die twee proffesore het ‘n kriminele daad gepleeg.

piet ·

Korrek. ‘n Addisionele regulasie 34(3) is vanaf 1 Februarie van krag.

MT ·

Ek sou baie versigtig wees met uitsprake oor hul skuld, veral omdat hulle tot op hede nog nie in ‘n hof verskyn het nie. Behalwe as jy ‘n amp in ‘n boendoe-hof beklee.

Die sg ‘wet’ waarna julle verwys is stil-stil deurgevoer deur ‘n magsbehepte regering waarvan die dienende Minister van Gesondheid tans vir groot bedrog ondersoek word.

piet ·

Onkunde van die Wet is nie ‘n verskoning nie. Sodra dit of enige wysigings daaraan in die Staatskoerant gepubliseer word, berus die onus op jou as landsburger om jou daarvan te vergewis. Die betrokke wetgewing is in die Staatskoerant gepubliseer so dis WET.

AmY ·

Kom kyk hoe lyk dit hier by ons. Elke tweede mens loop sonder ‘n masker rond. Niks gebeur met hulle nie.

luidspreker ·

Dis teen die wet om nie ‘n masker in ‘n publieke ruimte te dra. Sien geen probleem hiermee. Party mense glo hul is bo die wet verhewe.

Patch ·

As jy een persoon, of dan twee uit een huishouding, in ‘n stil straat loop waar daar geen ander siel in sig is nie, waarop dan ‘n masker dra? Dink dis belaglik. Ek sien elke dag mense in ons buurt wat sonder maskers stap en draf in die buitelug. Die kans om Covid in ‘n besige winkelsentrum (met jou masker aan) op te doen is baie groter. Wie gaan jy aansteek as jy alleen stap in ‘n straat of op die strand sonder jou masker? Sommige dinge maak eenvoudig net nie vir my sin nie.

piet ·

Dan kan jy net sowel redeneer dat jy maar oor ‘n rooilig kan ry as daar geen ander verkeer is nie.

Giel ·

Dis so jammer, maar ook goed. Nou kan die twee senior burgers dalk n geldjie maak uit die polisie. Volgens die inligting wat ons gekry het van die vorige Openbare Beskermer, is die polisie NIE by magte om sommer net inhegtenisname en opsluit taktiek te gebruik nie. Hulle moet EERS waarsku en eers as jy nie gehoor gee nie, DAN eers mag hulle arresteer. So, u moet u prokureur gaan spreek en n “fooitjie “vra vir die voorreg wat hulle gehad het om u te kon huisves vir n paar uur. ! Iewers moet ons as publiek ook darem ons bene styfskop!

Giel

Marten ·

Dit is slegs ‘n kriminele oortreding om te weier om ‘n masker op te sit indien jy beveel word om dit te doen. Die blote rondloop sonder ‘n masker is nie ‘n kriminele oortreding nie. Die regulasies is duidelik. Die regulasie bepaal dat almal maskers moet dra in die openbaar en “any person who fails to comply with a verbal instruction by an enforcement officer to wear a face mask, commits an offence.”

Mariana ·

Net een ding het hier saak gemaak. Hulle is wit en moet voorbeeld van gemaak word. Die polisie met sy kantore en personeel is in ‘n haglike toestand en dit pla blykbaar nie vir Cele nie. Skande hoe als agteruitgegaan het. Bly die twee is ongedeerd na die ondervinding en dat hulle nog kan lag.

LANA is ELANè ·

En so jag die SAPD eerbare mense wat ‘n fout begaan en los moordenaars en verkragters heeltemal uit, net omdat hulle ‘n uniform, waarvoor die samelewing geen respek het dra, en nie die wil het om hul werklike opdrag wat misdaadvoorkoming is, te stop nie.
Dit is mos baie makliker om gewone ongewapende mense te boelie as ‘n misdadiger met groot ammunisie.

Linx ·

Al wil wie ookal nou die wet oorskryf dat dit hom/haar pas sal dit geen verskil maak nie,dit is onwettig om sonder n masker in die publiek te wees,punt klaar.as j nie seker is van die wet nie gaan google die DMA(disaster management act) maar moenie jouself soos n dwaas laat lyk deur wysigings te maak nie& die storie van “kom kyk hier by ons” “die ander kleuriges loop almal sonder maskers”dit is kinderagtig,die onus rus op jou as individual om die wet te gehoorsaam.

Leonard ·

Die LEWE op aarde MÓÉT geniet word.
ÓNS ALMAL gaan sterf.
Ék luister ná voorskrifte & sit dieselfde masker op. (Het masker in Maart 2020 gekoop)

Nie Verbaas ·

Ek dog die polisie is veronderstel om jou te waarsku om masker op te sit. O ja, mag in onbevoegde BEE kaders se hande beteken hulle wil wys wie is in beheer. Pateties.

Pieter ·

Dis eenvoudige, kleinlike mensies wat dit geniet om op “powertrips” te gaan deur oues en swakkes te teiken.

johan ·

Ek het sopas weer na die nuutste regulasies gekyk op COGTA se webblad (Mei 2021) en niks het verander nie: maskers is verpligtend MAAR arrestasie kan eers plaasvind NADAT ‘n polisie beampte jou gevra het om dit op te sit en as jy DAN WEIER.

Robert ·

Dit is wat ek ook lees… maar die masker skapies bly blêr… lagwekkend dat hulle nie sien hoe magvergrype gedoen word onder die regulasies.

DIABLO ·

En die belastingbetaler moet uithaal en wys vir die “polisie” se salarisse, terwyl hulle hulself met twak besighou. Gaan doen julle verdomde werk op die regte plekke, magtig!! Loop soek die moordenaars, verkragters, inbrekers en bedrieers. DIS waar die misdaad is. En prop hulle in julle vuil selle!

Robert ·

“Hy sê die polisiebeamptes het egter nie in ’n verduideliking of verskoning belanggestel nie.” dit spreek boekdele, die SAPS lede het soos Stalin opgetree.

Ivana ·

Twak man, hier in Welkom loop hoeveel sonder maskers. Staan jy in die ry by Std Bank se ATM staan hoeveel sonder masker en die veiligheidswag staan en nonsens gesels en se nie hulle moet maskers opsit nie – wel wanneer hulle voor in die ry kom en oppad is na die vlg oop ATM dan se hy hulle moet hul maskers opsit – seker bank hulle gee die ATM Corona. Dis n verdomde gekspul, ons hele land is in sy maai met n klomp ongehoorsame mense wat dink hulle is onaantasbaar, maar glo my die dag as GOD kom gaan dit julle sweet boggerol help.

Die hele verdomde land loop mense sonder maskers en dan word bejaardes wat alleen loop toegesluit. In die land het witmense geen reg meer nie, so ons moet maar vir onsself sorg en na onsself kyk want ons wettelose regering gaan dit beslis nie doen nie. Elkeen vir homself!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.