Die Suid-Afrikaanse krieketheld Mark Boucher (40), ʼn voormalige paaltjiewagter vir die Proteas, en sy meisie, Carmen Lotter, het Saterdag die knoop deurgehak.
Die egpaar het by The Rose Barn in Jeffreysbaai in die Oos-Kaap afgehaak.
Boucher was vyf jaar gelede in 2012 genoodsaak om uit sy krieketloopbaan te tree ná hy sy oog beseer het in ʼn fratsongeluk tydens die eerste dag van die Proteas se toer in Brittanje. Boucher het die besering opgedoen nadat ’n dwarsbalkie hom in die oog getref het.
Die krieketheld het intussen al as raadgewer vir die Proteas opgetree tydens hul voorbereiding vir die toets teen Nieu-Seeland.
Boucher was in sy loopbaan sowat 147 keer op die veld saam met die Protea-span.
Carmen, wat al langer as vyf jaar ʼn verhouding met Boucher het, is ʼn mode-ontwerpster.
Baie geluk met jul huwelik. Mag jul geseënd wees.
Pasgetroud en die girl het jou klaar grys?
Dagsê 3s4e
Dankie vir jou valkoog! Die onderskrifte van twee foto’s is gewysig.
Groetnis
Cyril nms Maroela Media
‘Sig verloor’ beteken blind? Ek glo nie in sy geval dat dit so is maar dat dit wel gedeeltelik is betreffende sy vermoë as paaltjiewagter.
Veels geluk en mag jul huwelik proteas oplewer!
Baie geluk Mark en Carmen. Julle is ‘n pragtige paartjie. Mark jy was een van die beste paaltjiewagters. Ek is seker jy is Quinton se leermeester!
Baie baie geluk mag jul huweliksbootjie net op kalm en geseënde roetes vaar.. Sterkte vir die lewensreis.
Is dit die huwelikseremonie wat vir Boucher oornag grys laat word het?
Dagsê Henry
Dankie vir jou valkoog! Die onderskrifte van twee foto’s is gewysig.
Groetnis
Cyril nms Maroela Media
Die pa se naam is Casper Lotter.
Geluk aan hulle. Geseende jare ook. Sy een oog op die foto lyk of dit anders reageer op die kameraflits. ek hoop hy het nog sig in daardie oog