Krieketkaptein gaan weer pa word

Die Proteas-krieketkaptein, Graeme Smith, en sy vrou, Morgan, verwag hulle tweede kind.

Smith het gister op Twitter die aankondiging gemaak: “Fantastiese nuus vir die begin van die week. Die Smith-gesin groei vinnig. Ek en Morgs verwag ons tweede kind. Drie maande-sonar gedoen.” Smith en Morgan se eerste kind, Cadence Christine, is op 25 Julie 2012 gebore. Die egpaar is op 4 Augustus 2011 in Kaapstad getroud. Morgan het mense op Twitter bedank vir die gelukwensings: “Cadence is nou ses maande oud en ons is drie maande swanger. My hande gaan vol wees.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.