Krieketspeler Norman Gordon oorlede

Norman Gordon op sy 100ste verjaardag. Foto: cricketcountry.com

Norman Gordon op sy 100ste verjaardag. Foto: cricketcountry.com

Die legendariese krieketspeler Norman Gordon is Dinsdag in Johannesburg in die ouderdom van 103 oorlede.

Die voormalige krieketspeler Ali Bacher, wat ook ʼn goeie vriend van Gordon was, het gesê hy het omstreeks 02:00 rustig in sy woonstel in Hillbrow, waar hy die afgelope 60 jaar gewoon het, heengegaan.

Gordon het Suid-Afrika in vyf toetswedstryde tussen 1938 en 1939 verteenwoordig. Hy was die laaste oorlewende krieketspeler wat in Maart 1939 aan die Timeless-toetswedstryd teen Engeland in Durban deelgeneem het. Dié bekende wedstryd het 10 dae lank geduur en uiteindelik gelykop geëindig. Gordon was in die middel van sy 93ste boulbeurt toe die spanne besluit het om die wedstryd gelykop te verklaar, aangesien die Engelse span met die skip moes terugkeer.

“Hy het voluit geleef,” het Bacher gesê. “Hy het ʼn passie vir krieket en gholf gehad. Hy het altyd die grootste waardering gehad vir die wonderlike mense wat hy ontmoet het.”

Gordon is op 6 Augustus 1911 in Boksburg in Gauteng gebore. Hy laat sy seun Brian, wat hom die afgelope tyd versorg het, agter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.