Kriel hoor dan sy lot

Argieffoto

Argieffoto

Dawie Kriel, die man wat rassistiese uitlatings op Facebook gemaak het oor Diwali-vieringe, sal later vandeesmaand gevonnis word.

Landdros Themba Sishi het Kriel Vrydag formeel skuldig bevind, nadat hy die saak tot 27 Maart uitgestel het vir vonnisoplegging. Kriel is skuldig bevind aan crimen injuria.

Hy het op 27 Januarie skuld beken op die aanklag, maar Sishi het gesê hy moet seker maak dat Kriel wel skuld beken op al die elemente van die misdaad.

“Almal het die reg tot vryheid van beledigende en vernederende behandeling.”

Kriel se prokureur, Logan Padayachee, het ter versagting van vonnisoplegging gesê sy kliënt het baie berou en het niks teen Hindoes nie. Hy het daarop gewys dat sy kliënt 15 jaar lank in ʼn verhouding was met ʼn Indiër vrou en dat hulle saam gewoon het. Hy het die hof gemaan om ʼn opgeskorte boete vir vonnisoplegging te oorweeg, aangesien sy kliënt werkloos is. “Die voorval spruit uit woede, omdat hy twee honde verloor het wat weens die vuurwerkvertonings weggehardloop het.”

Die Diwali-vuurwerkvertoning in Durban is jaarliks ʼn twisappel tussen diereliefhebbers en diegene wat Diwali met vuurwerk wil vier. Diwali is die Hindoe-fees van ligte en simboliseer vir gelowiges die oorwinning van lig oor donker, goed oor kwaad, kennis oor onkunde, en hoop oor wanhoop.

Kriel het op 30 Oktober Indiërs “duiwelaanbidders” genoem en gesê hulle moet teruggaan na Indië.

Staatsaanklaer Nkululekho Msiya het egter gesê Kriel het min of nie enige berou getoon nie, omdat hy besluit het om nie in die hof te getuig nie. Hy het gesê daar kan nie veel klem geplaas word op Kriel se openbare verskoning wat hy op die radio gemaak het nie. Hy het gesê die feit dat Kriel twee keer vantevore skuldig bevind is dat hy in besit was van ʼn onwettige middel en dat hy twee skuldbekenningsboetes van R300 betaal het, beteken dat hy nie die wet respekteer nie.

Hy het Sishi gemaan om ʼn boete te oorweeg, tesame met tronkstraf indien hy nie die boete sou betaal nie.

Lees alle vorige berigte oor Dawie Kriel op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

snoefie ·

na my beskeie mening…. die jode voer ook n fees van ligte, doen hulle dit met vuurwerke? as jou tradisie controversy veroorsaak, doen dit waar jy niemand te na sal kom nie. Durban het tog n groot indiërgemeenskap. kom op n plekke saam daar die vuurwerke niks en niemand gaan place nie en geniet dit.

Phillip Groen ·

Die reg van vryheid tot spraak beteken nie dat jy net dit mag sê wat nie aanstoot gee nie.

Die reg tot vryheid van spraak moet juis ook die reg om aanstoot te gee insluit. Hierdie skuldigbevinding, soos vele ander in die verlede, beperk die reg van vryheid tot spraak tot ‘n reg wat ondergeskik is aan die politieke korrekheid van die dag.

Die probleem is wie bepaal nou dat Kriel se uitspraak aanstoot gee of nie? Vir die hof om hierby betrokke te raak is hoogs onverantwoordelik. Dit is nie die hof se werk as om in sake betrokke te raak waar godsdiens verskille ter sprake kom, dis ‘n gevaarlike glybaan. Byna alle gelowe beskou hulle sienings as die enigste korrekte een terwyl die ander se sienings as ketterty gebrandmerk kan word. Die een se duiwel is die ander se god.

Dis belaglik dat ‘n hof op die vlak uitspraak lewer. Die staatsaanklaer sou beter gedoen het deur te weier om te vervolg, omdat vryheid van spraak nie beteken jy mag nie aanstoot gee nie, of dat jy net moet sê wat politiek korrek is.

As hy hulle ‘n diewe genoem het sou ‘n crimen injuria aanklag sin gemaak het…maar nie net omdat hy ‘n opinie oor ander se bepaalde geloof gehuldig het nie. “Big Brother” op syt beste.

Die reg tot vryheid van assosioasie is ook nog so reg, wat net geduld word sover dit onderdanig is aan die politieke agenda van die dag.

Cherokee ·

Phillip, ek het jou kommentaar begin lees sonder werklike belangstelling en toe meer geinteresseerd geraak want dit is uiters debateerbaar . Dankie vir jou sinvolle bydrae.

w ·

Sekere rasse gan tronk tu of kry geweldige boetes sou hul iets kwytraak op sosiale media. Party rasse kan rassistiese uitsprake maak en nix gebeur. Ons hoef ni te wonder waarheen ons oppad is ni

Wim Kotze ·

Die staatsaanklaer het die Landdros Sishi ‘gemaan’…
Tekens van die tye. Die aanklaer wat die regbank dreig. In ‘n regte hof sou die aanklaer net ‘n versoek kon rig.

Andre ·

Dit was oor klappers! Maar die amptenare van sport mag se straf asb wit mense! Julle is vertraag man!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.