Kriminele al vindingryker met identiteitsdiefstal

Argieffoto

Argieffoto

Kriminele word al hoe meer vindingryk wanneer dit kom by die steel van identiteit, het die Suid-Afrikaanse Bedrogvoorkomingsdiens (SAFPS) gesê.

Talle Suid-Afrikaners sit met ʼn berg skuld wat deur kriminele aangegaan is nadat hulle identiteit gesteel is. Carol McLoughlin, uitvoerende direkteur van die SAFPS, het gesê dit is ʼn toenemende realiteit vir baie Suid-Afrikaners.

Volgens statistieke wat onlangs bekend gemaak is, kos identiteitsdiefstal Suid-Afrika nagenoeg R1 miljard per jaar. McLoughlin het gesê die soort gevalle wat aangemeld word, “is grootliks gevalle waar ’n onskuldige persoon se besonderhede gebruik word om rekeninge oop te maak en vir krediet aansoek te doen”.

McLoughlin het gesê die toename in identiteitsdiefstal in Suid-Afrika is moontlik die gevolg van mense wat verlei word om daarby betrokke te raak in ʼn poging om geld te kry en finansiële druk te probeer hanteer weens werkloosheid en stygende lewenskoste.

Volgens McLoughlin het sake van identiteitsdiefstal wat by die SAFPS aangemeld is tussen 2009 en 2013 met 265% toegeneem. Sy het gesê misdadigers raak al hoe vindingryker en “gebruik baie verskillende soorte swendelary en metodes om hul hande te kry op mense se persoonlike inligting”.

Sy het gesê as gevolg van hierdie vindingrykheid en die gesofistikeerde manier waarmee misdadigers onwettige aktiwiteite uitvoer, is dit “baie moeilik is om ’n spesifieke tipe identiteitsdiefstal vas te stel”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

17 Kommentare

jongste oudste gewildste
Peet Schabort

Ek het my vasgeloop (Dinsdag) in ‘n man wat voorgee dat hy namens Microsoft skakel en dat daar groot fout is met my rekenaar. Ek val toe vir die grap en neem deel aan die proses wat hy telefonies voorskryf tot op ‘n punt waar hy jou rekenaar manipuleer en ‘n program wil verkoop om die rekenaar te beveilig. My kredietkaart (wat ek nie het) se besonderhede word toe gevra om die aftrekking te maak. Hy raak toe astrant om dit te kry en ek sit die telefoon neer om toe ook uit te vind dat my rekenaar nou ‘n… Lees meer »

Eliza-beth

Kredietkaartdiefstal: Nie steel van kaart self, dis al outyds! Die is deur die bank aan ons verduidelik. Jy gaan eet of koop êrens iets. Betaal met kaart en volgendes kan gebeur. Die kelner/persoon wta betaling neem sê daar is nie goeie sein en wil net ‘n entjie wegbeweeg – VOLG hom/haar enhou noukeurig dop. Die sklems het ‘n PIEPklein instumentjie wat so klein in hul hand(pols, mou) versteek word jy kan dit nie sien, veral natuurlik omdat dit binne die hand/pols/mou versteek word. 1. Elke kaart het ‘n mikrochip. Word jou kaart vir betaling ge”swip” dan “praat” die kaartmasjien nie… Lees meer »

Bruno Stef

Peet ek het ook al voorheen daardie trappie afgetrap en gelukkig kon my dogter ons te hulp kom.My raad aan jou is antwoord jou foon en praat die suiwerste Afrikaans met die taalgebruik so hoogdrawend en jy sal vind dat hy of sy die telefoon halfpad deur die gesprek neersit.

Eliza-beth

MAROELA? Ek het wel ‘n lang relaas geskryf maar dit kan ander help met kredietkaart diefstal! Waar is dit??

Philip

Pasop vir persone wat bel en `n gedeelte van jou rekening / kredietkaart/bankrekening gee en dan vra dat jy net die nommer moet herhaal sodat hulle kan “check” of hulle met die regte person te doen het. Hulle het dalk net jou op `n plek gesien en `n gedeelte van jou nommer gesien en op die manier bekom hulle jou hele nommer.