Kriminele al vindingryker met identiteitsdiefstal

Argieffoto

Argieffoto

Kriminele word al hoe meer vindingryk wanneer dit kom by die steel van identiteit, het die Suid-Afrikaanse Bedrogvoorkomingsdiens (SAFPS) gesê.

Talle Suid-Afrikaners sit met ʼn berg skuld wat deur kriminele aangegaan is nadat hulle identiteit gesteel is. Carol McLoughlin, uitvoerende direkteur van die SAFPS, het gesê dit is ʼn toenemende realiteit vir baie Suid-Afrikaners.

Volgens statistieke wat onlangs bekend gemaak is, kos identiteitsdiefstal Suid-Afrika nagenoeg R1 miljard per jaar. McLoughlin het gesê die soort gevalle wat aangemeld word, “is grootliks gevalle waar ’n onskuldige persoon se besonderhede gebruik word om rekeninge oop te maak en vir krediet aansoek te doen”.

McLoughlin het gesê die toename in identiteitsdiefstal in Suid-Afrika is moontlik die gevolg van mense wat verlei word om daarby betrokke te raak in ʼn poging om geld te kry en finansiële druk te probeer hanteer weens werkloosheid en stygende lewenskoste.

Volgens McLoughlin het sake van identiteitsdiefstal wat by die SAFPS aangemeld is tussen 2009 en 2013 met 265% toegeneem. Sy het gesê misdadigers raak al hoe vindingryker en “gebruik baie verskillende soorte swendelary en metodes om hul hande te kry op mense se persoonlike inligting”.

Sy het gesê as gevolg van hierdie vindingrykheid en die gesofistikeerde manier waarmee misdadigers onwettige aktiwiteite uitvoer, is dit “baie moeilik is om ’n spesifieke tipe identiteitsdiefstal vas te stel”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Peet Schabort ·

Ek het my vasgeloop (Dinsdag) in ‘n man wat voorgee dat hy namens Microsoft skakel en dat daar groot fout is met my rekenaar. Ek val toe vir die grap en neem deel aan die proses wat hy telefonies voorskryf tot op ‘n punt waar hy jou rekenaar manipuleer en ‘n program wil verkoop om die rekenaar te beveilig. My kredietkaart (wat ek nie het) se besonderhede word toe gevra om die aftrekking te maak. Hy raak toe astrant om dit te kry en ek sit die telefoon neer om toe ook uit te vind dat my rekenaar nou ‘n wagwoord nodig het om oop te maak. Nodeloos om te sê dat die rekenaar nou skoongemaak moet word en weer herlaai moet word. Gelukkig is daar duplikate van belangrike goed wat ek afsonderlik het.
WEES DUS VERSIGTIG. JY WORD MAKLIK GEVANG !!!

George ·

Dankie vir die wenk. Dit sal gaaf wees as nog mense navore sal kom en hulle ondervindinge met ons deel. ‘n Mens kan nie genoeg versigtig en ingelig wees nie.

Peet Schabort ·

Ek is vandag (Donderdag) wéér geteiken en was ook by vriende wat, terwyl ek daar was, ook gebel is. Hulle is vroeër die week ook geskakel.
Mense, hierdie ding is ernstig, wees gewaarsku !!!

Dave ·

Peet, ek is verstaom dat jy nou eers daardie spul skuim ontmoet! Ek word byna weekliks gebel en selfs twee keer op een dag maar dit het nou opgehou. Somtyds is dit ‘n vrou wat ‘namens Microsoft’ skakel en somtyds mans. Ek was gelukkig nooit gevang deur hulle nie en het húlle elke keer ore aangesit. Ek het begin deur te vra dat hulle my op my selfoon skakel omdat ek wil sien waarvandaan hulle skakel. Dan word gesê dat hulle dit nie kan doen nie. Daarna het ek in die gewoonte geraak om te sê dat hulle moet aanbly omdat ek nou eers die rekenaar aanskakel en dit moet inloop. Dan sit ek die telefoon neer en vergeet van hulle. Die laaste van tyd skel ek hulle onmiddelik en een het net so lekker terug gevloek en van lyn af gegaan. Hulle is ‘n groep wat waarskynlik nie uit SA skakel. Miskien Nigeriërs en miskien van elders want mense is geneig om alle skelms ‘Nigeriërs’ te noem.

Ek wen ook gereeld miljoene ponde sonder om deel te neem aan enige kompetisie. Weet nie eens meer wat om met al die geld aan te vang! Ek is (op my aandrang) op dieselfde dag 3 keer deur iemand uit England gebel met laaang verduidelikings oor hoe en hoekom ek die geld gewen het en waar ek die paar duisend rand vir hom moet inbetaal sodat hy my wengeld kan vrystel. Hierdie profesionele ou in England( Britse telefoonnommer ten minste) beskik slegs oor ‘n gmail adres! Geen domain maar ‘n gmail adres. :-) Daar is soveel dinge om raak te sien. Mens wen nooit geld sonder om aan ‘n kompetisie deel te neem en as jy wen is daar nooit ‘n betaling nodig om jou prysgeld te ontvang.

Eliza-beth ·

Kredietkaartdiefstal: Nie steel van kaart self, dis al outyds! Die is deur die bank aan ons verduidelik. Jy gaan eet of koop êrens iets. Betaal met kaart en volgendes kan gebeur. Die kelner/persoon wta betaling neem sê daar is nie goeie sein en wil net ‘n entjie wegbeweeg – VOLG hom/haar enhou noukeurig dop. Die sklems het ‘n PIEPklein instumentjie wat so klein in hul hand(pols, mou) versteek word jy kan dit nie sien, veral natuurlik omdat dit binne die hand/pols/mou versteek word.
1. Elke kaart het ‘n mikrochip. Word jou kaart vir betaling ge”swip” dan “praat” die kaartmasjien nie met die bank met die chippie om te vra is die pin wat jy insit die korrekte een en dan gaan transaksie deur.
2. Nou neem die skelm gou ‘n foto vand ie magnetiese strippie en gee dit aan (gewoonlik Nigeriërs wat die storie bedryf) teen ‘n bedrag. Die Nigerië maak ‘n nuwe kaart met naam en NUWE chip want die magneties strip met jou balans ens het hy mos. Nou verkoop hy die kaart met nuwe chip en nuwe pin vir ‘n bedrag aan iemand en daai ou gaan mal, hy het mos nou die nuwe chip en pin, daar is geld in jou rekening (die strip bevestig dit)en transaksies gaan deur. My man is uiters versigtig met sy kaart en tog het dit gebeur in ‘n sentrum naby ons waar ons gaan eet het. Die kelner het nie eers weggegaan met die kaart maar geswipe en terselfdertyd die magnetiese strip “afgeneem”. Die ouens wat die nuwe kaart met nuwe chip en nuwe pin maar JOU besonderhede (geld wat op die gekloonde strip verskyn!) het gaan koop en niks is snaaaks, die transaksie gaan deur (tensy jy nou nie geld in die kaart het nie!)en geen probleme. Hulle koop toe êrens by Edgars (waar ons NOOIT koop) vir R1200.00 en dadelik daarna by ‘n ander plek. Maar omdat die banke meestal ‘n tipe “history” het weet hulle waar jy meestal koop of watter bedrae jy net sommer op watter tipe goed sal spandeer het die bank die transaksie geweier en ons gekontak. Toe sê osn nee ons is glad nie op daardie plek en koop nooit by Edgars toe stop hul die kaart daar en dan. Die skelm het natuurlik hom uit die voete gemaak toe die transaksie geweier is MAAR steeds by ‘n ander plek probeer koop. So die kelner (of wie ookal by winkel) kry geld vir die kloon van die strippie wathy verkoop aan die Nigeriër of wie ookal die goed maak, die Nigeriër maak geld deur kredietkaarte met geld op te verkoop, die persoon wat inkopies doen “score” want hy hetnie geld maar het nou ‘n kaart met geld en jy en die bank ly skade! ‘n Vriend het ook gaan uiteet een Saterdag en hier bel die bank hom om te hoor of hy goed by Builders Warehouse in Benoni gekoop het vir R40 000.00 (!!) Nee sê hy hy is by ‘n restaurant aan die Wesrand en hy is hoegenaamd ne besig om te bou nie! Gelukkig het die bank snuf in die neus gekry en hom gekontak! Toe die skelm toe nou bel om te hoor of sy goed gekom het sê hul (DOM!) daar is iets fout emt sy kaart hy inkom en natuurlik het hy toe nie. So die banke het die mikrochip ingebring as beskerming maar nou “bypass” hulle dit deur jou magnetiese strip af te neem/’record’ en dan net ‘n nuwe kaart met nuwe pin en chip te maak maar met jou magnetiese strip en besonderhede. So die bank sê men smoet eintlik SELF jou kaart swipe of in die masjien steek, self uithaal ne nooit onder jou oë laat gaan. Onthou die ou wat die afneem van die strip (kloning) doen is geoefen en dis so dat jy nooit eers sal agterkom – dis soos die Engelse sê dis “slight of hand”. Na dit het ons van paar ander mense gehoor wat so gevang is! Mens moet ongelukkig maar ‘n “notify me” by die bank laat doen so elke transaksie wat jy doen kry jy dan ‘n sms – wat jou geld kos, maar ja, dit help darem. Natuurlik meot jy al jou sms’e dadelik lees en sou jy sien hier gaan iets deur by ‘n winkel waar jy glad nie is moet jy die bank dadelik bel. En dan die ongerief van sonder ‘n kaart wees en wag vir nuwe een ens ens… Ongelukkig is kredietkaarte onontbeerlik vir meeste mense en veral sakemanne en ‘n groot hulp (natuurlik moet mens dit goed bestuur :D ). “n ander ene is dat ek inkopies op die internet gedoen het (or die algemeen is dit velig mens moet ook seker maak die “site” is veilig waar jy koop) en op ‘n manier het iemand tog wel my besonderhede in die hande gekry. Die volgende is ek kry sms’e wat sê ek het dit in britise pond (klein bedraggies MAAR met ons wisselkoers, kan jy dink) en dan weer soveel in US Dollars en ek moet net dit of dat doen sodat dit kan deurgaan. Ek het dit eers geignoreer maar toe kontak ABSA my per epos om te hoor of ek oorsee is en goed koop. Ek het dadelik hul fraud afdeling gebel en was amper hsiteries! Hul kon toe wel die kaart stop en verhoed dat nog geld deurgaan, hoewel ‘n bedrag van iets soos R142 enige sente wel deurgegaan het. Hulle is ongelooflik skelm, klein bedraggies en snaakse bedrae wat “ligit” klink! Maar dink nou byvoorbeeld R142 van 100 mense per dag! Dan maak hul duisende per dag! Jammer vir al die Engels (en ek glo typos, ek is haaaastig)in my kommentaar mense, dit gaan net vinniger as om nou elke woord te vertaal. Hopelik help hierdie ander. Hou jou kaart in jou hand en onder jou oë. Hul probeer ook mens se aandag aftrek deur na iets te kyk of te lag oor iets wat hul kammig sien en as jy wegkyk… Wakker loop!

Bruno Stef ·

Peet ek het ook al voorheen daardie trappie afgetrap en gelukkig kon my dogter ons te hulp kom.My raad aan jou is antwoord jou foon en praat die suiwerste Afrikaans met die taalgebruik so hoogdrawend en jy sal vind dat hy of sy die telefoon halfpad deur die gesprek neersit.

Eliza-beth ·

MAROELA? Ek het wel ‘n lang relaas geskryf maar dit kan ander help met kredietkaart diefstal! Waar is dit??

Dave ·

Ek het dit nou net opgespoor Elizabeth. Druk F5 en jy sal dit kry (7 ure gelede geskryf). Ek het nou net ook ‘n redelike lang relaas geskryf en dit is ook weg (met niks onhebbeliks daarin – op my regtigste!). Maroela het ‘n probleem met hul filters.

Eliza-beth ·

Dave, ja dankie, intussen het Maroela my darem ook lankal geantwoord – as mens lang kommentare lewer word dit outomaties by hulle gefilter waarna hul eers kyk of dit nie enige nonsens is en dan kom dit deur. Mens verstaan dit. Myne is ongelukkig baie lank maar ek kon dit nie alles korter verduidelik nie.

Philip ·

Pasop vir persone wat bel en `n gedeelte van jou rekening / kredietkaart/bankrekening gee en dan vra dat jy net die nommer moet herhaal sodat hulle kan “check” of hulle met die regte person te doen het. Hulle het dalk net jou op `n plek gesien en `n gedeelte van jou nommer gesien en op die manier bekom hulle jou hele nommer.

Johan ·

100%. Ek vra altyd dat hulle enige nommer en veral ID nommers aan my moet lees en ek sal dan bevestig. Ek vra ook dat enige persone wat my bel van ‘n instansie af, vir my die nommer van die instansie en hulle name gee, sodat ek hulle kan herken wanneer hulle my terug bel, want ek is “altyd” besig. Dan is dit maklik om net ‘n google soek te doen vir daardie nommer om te kyk of dit werklik die instansie is.

Elfie ·

Philip – ook werk daar “scams” met stemherkenning. Die stemherkenning word misbruik deurdat jy dan “toestemming” vir iets gegee het – was op Carte Blanche. Hull ebl bv en vra is jy mnr/mev so en so en as jy dan ja sê dan sê jy ja vir iets anders, hulle bewimpel dinge… ONGELOOFLIK wat daar aan die gang is. Dis uiters goed dat mense hier kommentaar lewer en raad gee, so kan ons almal leer waarvoor om uit te kyk. Nou, as ek wel ‘n vreemde nommer antwoord en hul vra my so dan vra ek somemr wie wil weet – jip, klink ongeskik maar so is dit!

Ladybug ·

Nou die dag gehoor van ‘n krimineel wat sy hart uit gestort het aan ‘n mede gevangene. Hulle het pelle by die kredietburo wat kyk wie het ‘n goeie krediet record. So word ‘n id bekom by n ander “connection” by binnelandse sake. Met die id word aangesoek gedoen vir bv ‘n RCS kredietkaart, en daar gaat ons! Maak skuld op iemand anders se naam en betaal dit nie!

pop ·

Ek antwoord nie eers die foon as dit nie n gelyste no op my foon is nie. Almal wat belangrik in my lewe is, is op my foon. Maak ook nie epos oop wat ek nie ken nie, ek delete onmiddelik.

Sollie ·

Pop – ek ook nie en veral nie Private number nie. as dit regtig iemand is wat MY soek en wil verduidelik waaroor dit gaan, daar is die boodskapfunksie, los my dan ‘n boodskap wie jy is en hoekom prsies jy my soek en ek bel jou met graagte terug. Ek laat nie meer my bloedruk styg met “howru” en dan ‘n affgerammel van een of ander simpel produk wat ek NIE wil hê nie.

nig ·

Ek dink moenie enige oproep neem nie. Sê min as moontlik en laat die ander persoon hom/sy firma duidelik identifiseer. Sê sommer die een moet aanhou jy verfieer gou sy besigheid (hulle skrik en sit sommer neer!). Moet NOOOIT enige persoonlik en/of banbesonderhede per foon gee nie, meeste banke waarsku gedurig teen dit. Lank gelede was daar ‘n lys goed wta jy akn doen om mense wat jou iriteer met nonsens oproep tgerug kan iriteer en hul sommer laat aflui. Vra om hul firma se naam te spel en terwyl die een wil sê, nee wag jou pen is droog en moet hy voor begin na jy kammig gesoek het vir ‘n pen en tyd gemors het. Dan moet hy dit herhaal want jy kan nie mooi hoor en so gaan jy aan en aan en op die ou einde gee hulle op want jy hou jou vrekonnosel en maak hul gek! Maar ja, dit werk natuurlik nie met alles nie maar mens kan lekker saggies giggel omdat jy hul terug iriteer!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.